Lifestyle

8 pakwenke vir vakansie

Soms voel dit asof mens altyd iets vergeet as jy op vakansie gaan. Volg hierdie wenke om beter te beplan vir jou volgende vakansie.

1. Beplan vooruit 

Moenie klere inpak wat jy weet jy nie gaan dra nie. Jy wil dalk op jou beste lyk, maar is jy seker daardie hoë hakke en dik jas is nodig vir ’n vakansie by die see? Maak seker jy beplan voor jy begin pak. Lê alles uit op jou bed voor jy dit in jou tas pak. Op dié manier kan jy sien of jy te veel van een item het en watter klere saam gedra kan word en wattter eintlik heeltemal onnodig is.

 

2. Maak ’n lys

Begin jou pakproses dae of selfs weke voor jy vertrek. Dit gee jou tyd om ’n volledige lys saam te stel, plus tyd om enige bykomende items wat jy nodig het aan te koop. Dit verseker ook dat jy nie iets belangrik vergeet nie.

 

3. Rol, nie vou nie

Styf gerolde klere neem minder spasie op as gevoude klere. Plus dit is minder geneig om te kreukel. Jy gaan beslis nie lus wees vir stryk sodra jy jou vakansiebestemming bereik nie.

 

4. Kraakpapier

Gebruik kraakpapier (tissue paper) tussen klere om plooie te voorkom. Dit maak regtig ’n verskil aan jou gemoed as jy ’n hemp ná ’n lang reis uit ’n tas pak wat nie gestryk hoef te word nie.

 

5. Pak die regte toerusting

Indien daar wel ’n paar klere-items is wat gekreukel uit jou tas kom, is ’n stoomyster ’n baie handige apparaat. Dit is baie makiliker om vinning ’n paar kreukels te stoom teenoor ’n strykplank en strykyster wat jy moet opstel.

#rrwenk: Gooi water in, skakel aan en stoom. Dit is ook baie sagter op jou klere as ’n strykyster.

 

6. Hoe om grimering te pak

Om te verhoed dat jou poeier of oogskadu tydens jou reis kraak, plaas ’n stukke plat katoenwol tussen die poeier en die deksel.

 

7. Pak minder skoene

’n Maklike manier om spasie in jou tas te maak, is om minder skoene te pak. Maak seker jy gaan die skoene dra wat jy pak. Maak ook seker dat die skoene wat jy wel pak by meer as een uitrusting pas. Plaas die skoene soos ’n legkaart, van toon tot hakpunt, in die onderkant van jou tas, langs die rand. Benut die oop spasies tussen jou skoene deur dit met sokkies te vul.

 

8. Dag-tot-aand-sak

Pak ’n handsak wat bedags en saans gebruik kan word en wat jy die hele vakansie kan dra. ’n Taankleur is altyd ’n goeie opsie – dit pas by alles.

 

Lees ook: Bloublasiebrand: Die volledigste noodhulp in 5 stappe

Die artikel 8 pakwenke vir jou vakansie het eerste in Rooi Rose verskyn.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button