Oefen lekker en voel goed hierdie winter!

As jy nog altyd geglo het jy is nie een vir oefen nie, is dit tyd dat jy jou horisonne verbreed …

 

Begin die dag op ’n hoë noot

Almal hou van pret en dis presies wat oefening moet wees. Die geheim is net om die regte soort pret vir jou te kry. Jy is dalk nie ’n danige drawwer nie, maar hou van dans. Sit soggens vrolike musiek op en dans vir 10 minute. Huppel, swaai jou arms, spring in die lug. Verbeel jou jy is terug in die kleuterskool en jy het pret.

Lees ook: 10 maniere om motivering vir oefening te kry in die winter

Jy het net 10 minute: Wat doen dit vir jou?

Doen dit elke oggend vir ’n week. Daarna kan jy dit verdubbel deur elke middag dieselfde te doen. Nou is jy ook sommer lekker warm en kry jy die frustrasies van die verkeer uit jou gestel.

#rrWenke: Jy kan ook handgewigte (of 500 ml-bottels vol water) byvoeg vir ekstra armoefeninge.

Lees ook: “Plank”: Die een oefening wat jy elke dag moet doen

Klein begin

Lees ook: 10 dinge wat jou kan help om slegte gewoontes hok te slaan

Begin só hardloop

Jy sal dalk nooit die Comrades voltooi nie, maar troos jouself met die wete dat alle mense ontwerp is om te hardloop.

Hoe begin jy?

  1. As jy baie onfiks is, kan jy begin deur vyf minute per dag te stap en dit elke week op te stoot tot jy ’n halfuur aaneen kan stap.
  2. Breek nou die 30 minute in sessies van vyf minute op: stap vier minute en hardloop een minuut. Jy hardloop dus net ses minute in die hele 30 minute. Hou dit vol tot jy dit gemaklik kan doen.
  3. Hardloop dan twee minute en stap net drie minute. Doen dit tot jy gemaklik voel en hardloop geleidelik meer minute en stap minder tot jy 30 minute aaneen kan hardloop.
    Loer hier vir ’n program oor hoe om jou eerste vyfkilometer-wedren te hardloop en kry jou vriende om saam met jou die parkrun te doen.

Hooffoto: Ivan Samkov vir Pexels

Lees ook: Jy is nooit te oud om (weer) te begin fietsry nie! 

Hoekom jou hond jou beste oefenmaat is

Die artikel Oefen lekker en voel goed hierdie winter! het eerste in Rooi Rose verskyn.

Exit mobile version