Lifestyle

Maak die meeste van klein leefspasies

Met hierdie paar wenke kan jy daardie spasie wat jou beknop laat voel heeltemal transformeer.

 

Maak staat op skoon lyne

Maak jou kombuis deel van jou leefkamer en vermy onnodige mure wat die plek beknop laat.

Hou jou uitstalruimtes georganiseerd en spesiaal. Belê in mooi glasflesse om jou ware in te stoor. Selfs ou koffieflesse werk goed. Leef sonder opgaar – dus klottervry.

Vermy ’n kombuistoonbank en kies eerder ’n klein eetkamertafel vir atmosfeer.

Lees ook: Die beste raad vir klein leefspasies

Maak die meeste van klein leefspasie

Maak die meeste van klein leefspasie

Maak die meeste van klein leefspasie

Maak die meeste van klein leefspasie

 

 

Stoor en stal uit terselfdertyd!

Gebruik jou mooi keramiekwarevir ’n fokuspunt. Dit dien dus as stoorplek en is ook ’n lus vir die oog.

Lees ook: Organiseer jou huis met stylvolle stoorplekke

Maak die meeste van klein leefspasie

 

 

Ja, daar is steeds plek vir sentiment

Net omdat jy nie baie plek het nie, beteken nie dat van alles sentimenteel hoef ontslae te raak nie. Maak ’n hoekie vir jou gunsteling-foto’s en moet nie die vars blomme of plante vergeet nie!

Lees ook: Hou jou huis klottervry

Maak die meeste van klein leefspasie

 

Slim stoorplek is ’n moet

Plaas mooi mandjies bo-op ’n losstaande kas vir ekstra stoorplek.

Lees ook: Ons 6 gunsteling-Marie Kondo-pakwenke vir jou klerekas

Maak die meeste van klein leefspasie

 

 

Kul jou kamer groter

Selfs ’n klein slaapkamer kan met die perfekte beligting en vloerbedekking groter vertoon. Die kuns is in die detail.

Lees ook: Die beste inspirasie vir kinderkamers

Maak die meeste van klein leefspasie

 

Organiseer, organiseer, organiseer

Hou jou kaste netjies om chaos te vermy as jy min spasie het. Skenk jou ou klere en klere wat jy nie meer dra nie, aan liefdadigheid. Pak jou kaste netjies en skep ’n plekkie vir als.

Lees ook: 16 maklike maniere om geld op jou klerekas te spaar

Maak die meeste van klein leefspasie

 

 

Eenvoud kraai koning

Hierdie slaapkamer is nie groot nie. Tog het sy eenvoudige dekor ’n groot impak op die visuele effek van die vertrek. Die meubilering en versierings is simmetries geplaas en laat die vertrek dus groter vertoon.

Lees ook: Hoe om die 5 belangrikste beleggings vir jou huis te maak

Maak die meeste van klein leefspasie

 

’n Linnekas kan ’n oulike uitstalruimte wees

Hierdie kas is slim ingespan in die slaapkamer. Die linne is mooi uitgestal en dien dus ’n dubbele doel. Prakties sowel as esteties!

Lees ook: Hoe om die seestyl in jou huis te skep

Maak die meeste van klein leefspasie

Verf is jou geheime wapen

Span die verfkwas in om meubels te komplementeer. Hou by neutrale kleure wat die res van die ruimte komplementeer.

Lees ook: Dink pienk! 5 maniere om pienk in jou huis te gebruik

Maak die meeste van klein leefspasie

 

Goed, beter, beligting

Die gesonke liggies in hierdie badkamer skep ’n gevoel van ruimte en ’n hoër plafon.

Lees ook: Immergroen Mid Century

Maak die meeste van klein leefspasie

 

Speel buite!

Bring die buitekant na binne met ’n mooi balkon of klein tuin. Dit brei die area van die huis uit en laat dit groter vertoon.

Lees ook: Die jongste kombuistendense waarvan jy nou moet weet

Foto’s deur Johan Wilke. Bestemming: My mooi

Die artikel Maak die meeste van klein leefspasies het eerste in Rooi Rose verskyn.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button