Lifestyle

Mooi arms binne 10 minute

Dié eenvoudige oefeninge kan jou help om blitsvinnig aan die voorkoms van jou arms te werk.

 

1. Dippies 
Plaas jou hande skouerbreedte uitmekaar op ’n stewige bankie of trap.
Skuif jou boude af van die voorkant van die bankie en strek jou bene voor jou uit.
Buig jou elmboë tot 90 grade en laat sak jou boude tot by die grond terwyl jy jou rug naby die bankie hou.
Keer terug na die beginposisie en herhaal.

 

 

2. Opstote
Balanseer op jou hande en tone, met jou rug reguit en boude ingetrek.
Laat sak jou bolyf na die grond en hou jou elmboë gebuig.
Druk jouself op tot in die beginposisie en herhaal (vir ’n makliker afwisseling, balanseer op jou knieë).

Lees ook: Oefen jouself jonger

 


 

3. Biseps-krulle
Gebruik jou waterbottel as ’n kamma gewig.
Staan met jou bene skouerbreedte uitmekaar en arms aan jou sye.
Buig jou elmboog en lig die waterbottel na jou skouer.
Laat sak jou arm na jou heup en herhaal. Doen nou die ander arm.

 

 

 

4. Diamant-opstote
Balanseer op jou hande en tone, met jou rug reguit en boude ingetrek.
Vorm ’n diamant op die grond deur jou hande se wysvingers en duime aan mekaar te laat raak.
Laat sak jou bolyf na die grond en hou jou elmboë gebuig.
Druk jouself op tot die beginposisie en herhaal. (Vir ’n makliker aanpassing, balanseer op jou knieë.)

Lees ook: ‘Plank’: Die een oefening wat almal elke dag moet doen

 

 

5. Lug-boks
Staan met jou bene skouerbreedte uitmekaar met jou gebalde vuiste voor jou bors.
Boks reguit in die lug, hou jou polse in lyn met jou skouers. Doen dit so vinnig as wat jy kan.
Wissel jou arms.

 

 

 

Lees ook: Oefen vir ferm boude

Die artikel Mooi arms binne 10 minute her eerste in Rooi Rose verskyn.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button