Lifestyle

Die geheime agter sysagte bene

Lees hiér as jy sagte, gesonde bene wil hê... net betyds vir die somer!

1. Gebruik ’n lyfskrop op jou bene voordat jy skeer, dit help dat dooie velletjies nie jou lemmetjie stomp maak nie.

Lees ook: Maak jou eie lyfskrop

2. Moenie dadelik jou beenhare skeer as jy in die bad of stort klim nie, wag minstens twee tot drie minute, want nat hare is sagter en skeer makliker af.

3. Kies ’n skeerroom wat versagmiddels soos plantolies, galambotter (shea butter), kakaobotter en minerale olies bevat.

4. Moenie ’n luffaspons of waslap gebruik nadat jy geskeer het nie, nog ’n geskrop kan jou bene sensitief laat.

5. Smeer lyfolie met min of geen parfuum aan terwyl jou bene nog klam is. As jy na die lysie met bestanddele op die buisie kyk, word die bestanddele van baie na min gelys. As parfuum taamlik onderaan die lys staan, bevat die produk nie baie parfuum nie.

6. Ná jy geskeer het, is daar altyd mikroskopiese beserings wat kan brand as jy room aansmeer. Wag ’n paar minute, of gebruik rome sonder geur- en kleurmiddels,” sê dermatoloog dr. Willie Visser.

 

Lees ook: 13 haarwasfoute wat jy maak

Die artikel Die geheime agter sysagte bene het eerste in Rooi Rose verskyn.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button