Lifestyle

Natuurlike maniere om van huishoudelike peste ontslae te raak

Raak ontslae van nare goggas op ‘n natuurlike manier. Dit is nou die tyd om met nare goggas klaar te speel op ’n natuurlike manier. Hier is ‘n paar wenke.

 

Slakke

Om van slakke ontslae te raak, maak knoffelhuisies fyn in sonneblomolie en laat staan oornag. Dreineer die olie en voeg by water. Gooi die vloeistof in ’n spuitbottel en gebruik teen slakke. Jy kan dit op die slakke self spuit, of op die plante/oppervlaktes waar hulle voorkom.

Jy kan ook slakke direk sproei met koue koffie.

 

Vlieë

Maak die volgende mengsel aan:

  • 4 koppies appelasyn
  • 2 eetlepels olyf-, canola- of minerale olie
  • 1 eetlepel opwasmiddel
  • 20 druppels roosmarynolie
  • 20 druppels basilieolie
  • 20 druppels pepermentolie

Gooi dit in ’n sproeibottel en gebruik soos nodig. Spuit dit in die lug waar hulle vlieg.

Lees ook: Kruiemengsels vir jou voete wat jy self kan maak

 

Muskiete

Vir muskiete is daar vele raad.

Kies een van die onderstaande mengsels en spuit dit in die vertrek.

  1. Suurlemoen en bloekomolie
  2. Pepermentolie en klapperolie
  3. Appelasyn en essensiële-olie-sproei
  4. Teeboomolie en klapperolie
  5. Sitronella-olie en alkoholsproei
  6. Laventelolie, vanielje en suurlemoensap

Lees ook: Hoe om jou hond se ore reg skoon te maak

 

Miere

Kies een van die drie onderstaande vloeistowwe en spuit dit op oppervlaktes waar jy miere vind, of direk op die miere.

  1. Asyn
  2. Asyn en water (50/50 mengsel)
  3. Kies een van hierdie essensiële olies: Peperment-, laventel- of bloekomolie en meng een eetlepel per 500 mℓ met water in ’n sproeibottel.

 

Kakkerlakke

Meng een teelepel opwasmiddel met een koppie water. Sproei direk op die kakkerlakke.

Indien jy die wegkruipplek van die kakkerlakke wil sproei, voeg koeksoda by die mengsel.

Lees ook: Nog maniere om van miere ontslae te raak

Die artikel Natuurlike maniere om van slakke, vlieë, miere, kokkerotte en muskiete ontslae te raak het eerste in Rooi Rose verskyn.

Related Articles

 
Back to top button