Die beste raad vir voetswamme

Leer meer oor wat presies voetswamme is, waar mens dit opdoen en hoe om dit te behandel.

 

Hoe lyk voetswam op jou voete?

Kyk bo-op, onder jou voetsole en tussen jou tone en kyk of jy blasies, knoppies, velletjies soos frummels, skubberigheid, ’n uitslag of selfs gaatjies sien. Baie dikwels jeuk of brand die uitslag.

“En kyk gerus jou voete gereeld deur vir hierdie tekens, en maak dadelik ’n plan as jy selfs net ’n klein area raaksien wat anders lyk. Swamme kan geweldig hardnekkig wees. Dus, hoe vroeër jy dit begin behandel hoe vinniger en makliker genees dit.”

 

Voetswamme moet dadelik behandel word

Voetswamme maak nie dood nie, en daarom ignoreer die meeste van ons dit maar tot dit ’n krisis raak. Dit is egter ’n ernstige oordeelsfout, sê Philip – ‘n fout wat daartoe lei dat ons lewenslank met ’n chroniese probleem en verdere komplikasies kan bly sit.

“As jy te lank wag kan dit chronies raak – en selfs onmoontlik raak om daarvan ontslae te raak. Besoek beslis ’n dokter sodra jy die eerste tekens sien of selfs net vermoed iets is fout.”

Nog ’n rede om dadelik ’n plan te maak: hierdie swamme versprei baie maklik van jou voete na jou vingers, toon- en vingernaels (waar dit die naels verdik en verkleur), jou kopvel (waar dit kaal kolle veroorsaak) en ook na die klammer dele van jou vel, soos onder die borste en die lieste en geslagsdele.

Boonop kan jy jou gesinslede aansteek.

 

Beteken voetswamme jy leef onhigiënies?

Nie noodwendig nie, sê Philip. “Hoewel party maniere van verspreiding met higiëne te doen het kan jy spore optel al leef jy higiënies.  Swamme versprei met spore  – die rede waarom voetswamme maklik versprei en hardnekkig is wanneer hulle eers gevestig het.”

“Jy kan spore met saadjies vergelyk – en hulle versprei net so maklik. Spore is ontsettend taai en oorleef lank in ongunstige omstandighede. Sodra hulle weer ’n warm, vogtige omgewing vind, ‘ontkiem’ hulle en gou-gou ontwikkel daar ’n hele kolonie swamme.”

Jou voete bied ’n heerlike tuiste – knus in skoene of warm en beskut tussen en onder jou kleiner tone.

 

Swamme op jou voete weens skoene aanpas?

Sowaar. Jy kan swamspore op baie verskillende maniere ‘optel’, sê Philip.  “Een daarvan is deur skoene aan te pas wat deur iemand anders besmet is.”

Wie het al ooit in ’n winkel gevra dat skoene ontsmet moet word voor jy dit mag aanpas? As ’n mooi paar skoene jou oog vang pas jy dit aan – selfs al beplan jy nie eintlik om skoene te koop nie. Op ’n besige dag kon ’n dosyn mense voor jou ook daardie einste paar skoene aangepas het – en dink jy almal het seker gemaak hul voete is swamvry? As jy soos ek maak loop jy boonop vir so vyf minute met die skoene rond om te toets vir gemak. Dit is oorgenoeg tyd vir swamspore van ’n vorige aanpasser om jou voete as nuwe tuiste te beset.

Philip voel dat die gebruike rondom die aanpas van skoene kan verbeter. Dit is doodeenvoudig onhigiënies dat ons maar net klant na klant dieselfde skoene aanpas. Niemand word immers toegelaat om onderklere aan te pas nie.

“Ek stel voor jy neem jou eie skoenspuitmiddel met ’n alkoholbasis saam en sproei die skoen se binnekant daarmee voor jy die skoene aanpas. Ontsmet beslis jou voete na elke aanpassessie, voordat jy weer jou voete in jou eie skoene terugsteek.

 

Ontsmet jy jul naelstelletjies?

Dit laat ons dikwels na, sê Phillip. Jou naelknippers, naelvyl, buffer en skêrtjie en voetskropborsel lyk mos skoon?

“Swamme, bakterieë en hul spore is so klein dat jy nie kan síén of jou naeltoerusting skoon is nie. Jy moet liewer aanvaar dit is nié skoon nie en elke item ontsmet. Doen dit ten minste een keer per maand – en selfs na elke gebruik as ’n gesinslid ’n voetswam opgedoen het. As iemand in die gesin ’n voetswam ontwikkel, ontsmet sy toerusting afsonderlik.

Hoe keer jy voetswamme op ’n naelvyl, skropborseltjie of naelskêr?

Dis maklik: laat al jou naeltoerusting vir ’n halfuur lank lê in bleikmiddelwater (1 tl bleikmiddel per koppie water). Of kook jou naeltoerusting vir 20 minute op die stoof.

 

Hoe kry ’n mens nog voetswamme?

Van die plekke waar mense voetswamme tipies optel is:

 

Watter onhigiëniese gewoontes kan tot swaminfeksies lei?

“Dit is selde dat mense werklik nalatig is en nie hul voete skoon maak nie. Mense besef net nie dat amper onbenullige gewoontes hulle aan ongewenste voetorganismes kan blootstel.”

Onthou die volgende, sê Philip.

Wees goed vir jou voete

Versorg jou skoene

 

Behandeling vir ’n voetswam

Bogenoemde planne kan keer dat jy ’n voetswam opdoen, maar wat as jy reeds ’n voetswam het?

“Voetswamme is berug daarvoor dat hulle baie hardnekkig is. Maar ’n mens kan die probleem uitsorteer. Jy moet net baie getrou bly by jou voetsorgroetine en aanhou tot die probleem werklik opgelos is, wat maklik ses maande neem.”

Die ideaal – natuurlik as jy reeds seker is jy versorg jou voete en skoene korrek – is om die kwaaddoener uit te wis. Daar is verskeie doeltreffende antiswam- of antibiotiese middels. Die probleem is om die regte een te kies, want die tipiese simptome kan deur ’n verskeidenheid van organismes veroorsaak word. As jy lukraak medikasie gebruik wat nie gerig is op die spesifieke organisme wat op jou voete pla nie, is dit nutteloos.

“My beste raad is dat jy ’n velspesialis (dermatoloog) of podiatris besoek wat ‘n monster neem en in die laboratorium laat toets watter organismes by jou betrokke is. Dan skryf ons op grond daarvan die regte medikasie voor, eerder as om te raai en geld te vermors.

“Verder sal jou terapeut jou moontlik aanraai om jou voete elke dag / een keer per week vir twintig minute te week in ’n spesifieke teenswammiddel.

“Gebruik ook elke dag ’n terapeutiese voetsproei of poeier op jou voete en binne-in jou skoene voordat jy die skoene aantrek. Dit hou jou voete droog en help die vorming van spore keer.

“Laserbehandeling word ook deesdae gedoen. Sommige mense sê dit werk; ander is nie oortuig nie.”

 

Selfhelpraad vir ’n voetswam

Daar is een ding wat jy absoluut nié moet doen nie, sê Philip. “Moenie kortisoon of selfs ’n antihistamienroom aanwend nie. Dit help die swam aan, en sal jou probleem eksponsieël vererger.”

Probeer wel hierdie maniere om van voetswamme ontslae te raak:

 

Lees nog: 

Kruie vir jou voete

Die beste raad vir skoene wat stink

Die artikel Die beste raad vir voetswamme het eerste in Rooi Rose verskyn.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version