Lifestyle

5 stappe vir ’n gesonder leefstyl

Dis dalk tyd om ’n gesonder leefstyl te volg waarby jy en jou hele gesin sal baat vind.

Kry die wip in jou stap terug en tree nou op. Hier is vyf maklike stappe wat jou aan die gang sal kry.

 

Moenie afsprake uitstel nie

Ons is geneig om tandartsafsprake en doktersbesoeke uit te stel, of selfs af te stel. Begin deur al jou afsprake op een slag te maak. Gereelde besoeke aan jou dokters is ’n voorkomende maatreël wat kan help om later groter en ernstiger probleme te vermy.

Lees ook: Belangrike dinge wat jy oor beroertes moet weet

 

Raak stadigaan aktief

’n Mens wil altyd so vinnig en so gou moontlik fiks en slank raak, maar dis onnodig om jouself te druk – dit sal net meer skade aanrig. Swaar oefening (veral as jy onfiks is) kan spieruitputting veroorsaak. Dit is nie net seer nie maar dit kan ook meebring dat jy vir ’n ruk moet ophou oefen om te herstel.

Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen

 

Werk aan jou verhoudings

’n Gesonder leefstyl sluit nie net fisieke gesondheid in nie, maar ook geestesgesondheid. Jy moet aan al die aspekte in jou lewe aandag gee; van gesonde eetgewoontes tot gesonde verhoudings. Begin by die belangrikste verhoudings, soos by jou gesin. Maak meer tyd vir jou gesin en dan kan jy begin werk aan jou vriendskappe en werksverhoudings. Doen moeite om plek te maak vir die spesiale mense in jou lewe, al moet julle maande voor die tyd reëlings tref om saam tyd deur te bring.

Lees ook: 7 maniere hoe jy ’n beter vriendin kan wees

 

Raak ontslae van skuldgevoelens

As jy eet wanneer jy emosioneel of gespanne is, sê ’n mens maklik iets soos “ek weet ek moenie hierdie eet nie, maar … ” Dit impliseer net selfoordeel en onnodige skuldgevoelens, wat jou slegter laat voel en weer net hierdie soort optrede aanmoedig. Hou op om verskonings te maak vir jou eetgewoontes – en kry deur ’n ander aktiwiteit ’n uitlaatklep vir spanning.

Lees ook: Raak ontslae van jou emosionele bagasie

 

Hou jou grysstof fiks

Pleks van doellose speletjies op jou tablet te speel of saans TV te kyk, daag eerder jou brein ’n bietjie uit. Lees ’n boek of speel Sudoku. Jy kan ook verskeie toepassings op jou slimfoon of tablet aflaai wat jou brein besig en gesond sal hou.

Lees ook: Bekommerd omdat jy vergeet? Hou jou brein jonk

 

 

Lees ook: Die 5 beste oefeninge wat jy by die huis kan doen

Die artikel Vyf stappe vir ’n gesonder leefstyl het eerste in Rooi Rose verskyn.

Related Articles

Back to top button