Lifestyle

Hoe om skoon matte sonder ’n matmasjien te kry

Ons het gaan kyk na maniere waarop jy jou matte nuwe lewe kan gee sonder om jou sak te skud.

Troeteldiere, rooiwyn, moddervoete … vuil matte is jou voorland.

Om vlekke te verwyder

Gebruik die volgende metode om vlekke en gewone vuiligheid skoon te maak

Benodigdhede

  • Koeksoda of opwasmiddel of albei.
  • Ou tandeborsel, borsel, lap of handdoek en emmer.

Aanwysings

  1. Gebruik ’n emmer warm water met jou gekose skoonmaakmiddel.
  2. Stofsuig die mat om van alle stof en vuilheid ontslae te raak.
  3. As jy koeksoda gebruik, sprinkel dit oor die vlek totdat dit volkome bedek is. Indien jy opwasmiddel verkies, gebruik een eetlepel per 15 cm van die vlek.
  4. Skrop tot jy borrels sien.
  5. Druk die borsel, tandeborsel of handdoek in die warm water en vryf liggies oor die vlek.
  6. Moenie te veel water gebruik nie, net genoeg om die vlek te verwyder.
  7. Maak die mat met waaiers droog
  8. Wanneer droog, stofsuig weer.

Lees ook: 6 skoonmaakfoute vir banke en stoele wat jy nooit mag maak nie

Maak diep skoon sonder ‘n matmasjien

Jy het nie ’n matmasjien nodig vir ’n “deep clean” nie!

Benodigdhede

  1. ’n Mengsel van water en opwasmiddel.
  2. Seesout
  3. Koeksoda
  4. Lappe
  5. Sproeibottel
  6. Borsel met harde hare

Aanwysings

  1. Meng 1 teelepel opwasmiddel en water in ’n sproeibottel.
  2. Strooi koeksoda en sout oor die deel wat jy wil skoonmaak.
  3. Sproei die seepmengsel liggies oor die gedeelte. Laat staan vir ’n paar minute.
  4. Borsel die mat in een rigting om die hare en vullis bymekaar te maak.
  5. Druk die mat met handdoeke droog.
  6. As die mat byna droog is, vervang die seepmengsel in jou sproeibottel deur water en sproei skoon water op die gedeelte.
  7. Druk weer droog met skoon handdoeke en gebruik ‘n waaier om die mat droog te waai.

#Wenk: Sodawater is ook ’n wenner vir vlekke en reuke.

Lees ook: 7 dinge wat jy moet weet voordat jy ’n matras koop

 

Die artikel Hoe om skoon matte sonder ’n matmasjien te kry het eerste in Rooi Rose verskyn.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button