Lifestyle

Raad vir kort ‘uitgroei’-haarstyle

Kort haarstyle wat vinnig uitgroei kan 'n irritasie wees. ’n Haarstilis gee 'n paar oplossings...

Nastassia Viljoen, haarstilis en ambassadeur vir Tosca-salonne wys watter planne sy met haar eie kort haarstyl maak. Van glansryke teruggekamde style tot speelse scrunchies wat uitgroei-kleur en selfs lang hare in jou nek meer draaglik maak.

 

Raad vir kort ‘uitgroei’-haarstyle

Hier is 5 dinge wat jy kan doen

 

1. Steek jou uitgroei-kleur met ’n sigsagpaadjie weg

Dit het jy nodig: Al wat jy nodig het is ’n kam! Jy kan haarsproei aanwend as jou hare nie in plek wil bly nie.

Lees ook: 6 redes hoekom jou vel slegter lyk tydens die inperking

 

2. Glansryke gepluiskamde styl met haarband

Vir hare wat te lank is oor jou ore en in jou nek probeer hierdie gepluiskamde styl met ’n haarband (Alice band)

Dit het jy nodig: ’n kam, ’n borsel, haarwaks, hittebeskermingsproei, ’n haaryster, haarsproei en ’n haarband.

#Wenk: As jy nie ’n haarband het nie, kan jy ook ’n klein haarserpie gebruik.

Lees ook: Kry die voorkoms: Lae bolla

 

3. Teruggekam met volume

Hierdie is ’n goeie styl vir hare wat nie silwerskoon is nie en is wonderlik om ’n lang kuif weg te steek.

Dit het jy nodig: Droë sjampoe of ’n tekstuursproei, haarsproei, ’n kam, pluiskam of -borsel en knippies.

Lees ook: Die een-lengte bob – vanjaar se beste haarstyl

 

4. Vasgemaak met ’n gekrulde kuif

Die scrunchie laat dit speels en prettig lyk. Gebruik ’n haarrekkie as jy nie ’n scrunchie het nie.

Dit het jy nodig: ‘scrunchie, haarknippies, hittebeskermingsproei, haaryster.

Lees ook: Maklike selfdoen-naelkuns

 

5. ’n Korter gordyntjiekuif

Nee jy het nie ’n skêr nodig vir die ‘korter’ kuif nie!

Dit het jy nodig: ’n Haarrekkie, haaryster, kam, hittebeskermingsproei, haarsproei.

Lees ook: Wat om te doen oor uitgroei-hare

 

Die artikel Raad vir kort ‘uitgroei’-haarstyle het eers in Rooi Rose verskyn.

Related Articles

Back to top button