Lifestyle

Wen kaartjies vir Groet die Grotman 2

Dit is 15 jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle?

Drie lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie wen na Groet die Grotman 2 by die Mannah Guest Lodge in Kempton Park op 22 April om 19:00.

Al wat jy hoef te doen is om die volgende na 43366 te SMS: Wen Grotman Boksburg Advertiser en jou naam en van en dan jou dorp of stad. Dieselfde inligting kan ook per e-pos aan wen@lefra.com gestuur word. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Dit is 15 jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle?

Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, e-posse, iPhones, Facebook, Twitter en aanlynkonserte. Die verskille tussen mans en vroue is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vroue van Venus. In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen mans en vroue op komiese wyse uitgebeeld deur Grotman Phillru van Achterbergh.

Vroue is steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting) en mans steeds die jagters (van ’n bok tot ’n televisieprogram).

“Mans en vroue lag vir mekaar in Groet die Grotman 2, en dis juis wat hierdie produksie so gewild en sterk maak,” het Swart gesê.

“Mens kan amper sê ons doen huweliksberading op ‘n komiese wyse. Die feit dat Grotman sy wêreldjie moet groter maak om by Elize se wêreld aan te pas en die feit dat Elize haar oop wêreld so bietjie nouer moet maak om by Grotman se wêreld uit te kom, sorg vir baie komiese situasies.”

Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord vir die Afrikaanse teaterproduksie wat die meeste vertonings oor die langste tydperk gehad het … meer as 1 000 vertonings oor 10 jaar! Lefra het die Grotman toe vir 10 jaar laat rus in sy grot … tjoepstil.

“Maar Grotman kon nie net tjoepstil in sy grot bly nie. Hy het te veel stories om te vertel. Phillru van Achterbergh as die Grotman vertel van meesterbraaiers, slaaie, bouery, handdoeke wat nie gebruik mag word nie en natuurlik oor die slaapkamer!”

Swart, wat al as die klugkoning van Suid-Afrika bestempel is, het die nuwe teks geskryf wat splinternuwe aksies tot gevolg het.

Groet die Grotman 2 word met die trotse ondersteuning van RSG, Crown National, die trotse tuiste van Six Gun Grill, Hollywood Costumes, Van Loveren Wyne, Britz Couriers and Removals, Ambassador Execudrive en Lift aangebied.

Vir besprekings, besoek www.LTickets.co.za. Vir groepbesprekings, skakel Lefra Produksies by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com. Daar is ’n ouerbegeleiding van 16 (PG16).

Daar is ook ’n buffet-aandete beskikbaar vanaf 17:30 tot 18:45.

Lees Ook: Wen kaartjies om Groet die Grotman 2 in jou sitkamer te geniet Sondag

Lees Ook: Wen kaartjies vir Lefra Produksies se Country Legends Kelderkonsert

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button