Lifestyle

Lefra hou oudisies vir Liewe Heksie en ander

Hulle is weer gereed om die land vol te toer met topklas produksies.

Na meer as 18 maande van ingeperk wees, is Lefra Produksies weer gereed om die land vol te toer met topklas produksies vir elke smaak.

Oudisies word vir verskeie produksies soos Liewe Heksie, My Vrou se Man se Vrou en Die Rypmaakkamer gehou.

Lefra Produksies is op soek na akteurs wat die volgende rolle kan speel:

Vir Liewe Heksie:
• Akteur een: Karring, die Melkkabouter, Kwaai Babatjie, Casper, die Tuindwergie, Borrie, die Gifappeltjie en ander
• Akteur twee: Botterblom, die Melkkoei, Koning Rosekrans, Kwaaitjie Kabouter, Die Geelheks, Kerrie, die Gifappeltjie, Karel Kat en ander
• Akteur drie: Blommie Kabouter, Koning Rosekrans en ander

Vir My Vrou se Man se Vrou
• Barbara Smith (vroulik, 20 tot 40 jaar), John se tweede vrou, gelukkig getroud en niksvermoedend (aan die begin). Die rol kan fisies en vokaal veeleisend wees, aangesien die akteur ’n hele reeks emosies moet kan uitvoer van sjarmant tot gefrustreerd, dramaties tot woedend en verward met histeries en gille.

Vir Die Rypmaakkamer
• Senior luitenant Sasha Ehrenberg (30 tot 35 jaar)
• Luitenant Vasilii Kozlov (30 tot 35 jaar)
• Manskap Yura “Yuri” Yegerov (20 tot 25 jaar)

Oudisies word op 1 Desember in Melville, Johannesburg gehou.

Akteurs wat oudisies wil kom aflê, kan Lefra se webtuiste besoek en die aanlynvorm voltooi.

Vir meer inligting skakel vir Charl Senekal by 011 815 3000 of admin@lefra.com

LEES OOK: #Kelderkonsert Sondag: Geniet Verna Vels se Liewe Heksie en die Tuindwergie in die gemak van jou sitmaker

LEES OOK: Verna Vels se laaste Liewe Heksie-storie binnekort aanlyn

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button