Lifestyle

Plaaslike kunstenaar blom ten spyte van pandemie

Die kunstenaar was al op die Afrikaans is Groot en Classics is Groot verhoë te sien, waar hy sing as deel van Vox Collective.

Witfield kunsternaar Zijn-Rudolph van Zyl (25) se loopbaan gaan steeds van krag tot krag ten spyte van die pandemie.

Zijn-Rudolph het vroeër die jaar twee klerereekse vrygestel as deel van sy Herbore handelsmerk. Hy beplan ook om binnekort ’n nuwe reeks bekend te stel.

“Ek het ook my eie spysenieringsonderneming verlede jaar van stapel gestuur toe inperking ingestel is. Altwee besighede groei op die oomblik baie goed.

“Ek is so dankbaar, veral in die tyd waarin ons lewe. Dit is vir my ’n hoogtepunt dat ek kan aanhou werk. Soveel kunstenaars is hard getref deur die pandemie en baie besighede moes hul deure sluit,” het hy gesê.

Die kunstenaar was al op die Afrikaans is Groot en Classics is Groot verhoë te sien, waar hy sing as deel van Vox Collective.

In 2019 het hy ook ’n eenmanvertoning, Eva, behartig.

Hy het dit beskryf as ’n eksentrieke produksie wat ’n deel van sy lewe, waar hy homself bevind het in sy persoonlike weergawe van die Tuin van Eden, vertel. Dit is ’n storie wat handel oor liefde, menswees en die natuur, aanvaarding en verwerping.

Dié storie word vertel deur ware verhale wat sy identiteit gevorm het, bekende musiek wat die hart laat roer en kostuums, nuutgeskep en buitengewoon.

Volgens Zijn-Rudolph doen hy weens Covid nie vertonings nie, maar hy het wel ’n nuwe projek in die pyplyn.

“Ek beoog om ’n opvolg-eenmanvertoning, Japan, nie later as volgende jaar Februarie vry te stel nie.

“Dit handel oor Eva se ontwikkeling en gaan metafories wees. Mense gaan haar sien blom in Japan. Japan is bekend vir sy bloeisels,” het hy verduidelik.

Volg Zijn-Rudolph op Facebook.

Lees Ook: Kunstenaar Zijn-Rudolph is reg om in die Tuin van Eden te stap

Lees Ook: Local model features in Wit Skoene music video

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button