Lifestyle

Wen kaartjies om Groet die Grotman 2 in jou sitkamer te geniet Sondag

Dit is 20 jaar later. Grotman en Karen is steeds gelukkig getroud … of is hulle?

Drie lesers kan elkeen ’n kaartjie wen om Wynand van Vollenstee (Karate Kallie en Ouboet en Wors) in Lefra Produksies se aanlyn Kelderkonsert, Groet die Grotman 2, te sien op 25 Julie om 17:00.

Al wat jy hoef te doen is om die volgende na 43366 te SMS: Wen Grotman Boksburg Advertiser en jou eie naam en van. Dieselfde inligting kan ook per e-pos aan wen@lefra.com gestuur word. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word en die beslissing van die organiseerders is finaal.

Dit is 20 jaar later. Grotman en Karen is steeds gelukkig getroud … of is hulle? Die kinders is tieners. Mans en vroue verskil steeds en is eintlik van verskillende planete. Is alle mans steeds poepholle? Is alle vroue steeds gaarders?

Meneer en mevrou kom herken jouself in Groet die Grotman 2 en kom skaterlag vir jouself. Meneer jy gaan beslis die kans kry om vir jou vrou vinger te wys. En Mevrou, jy gaan beslis die geleentheid hê om manlief in die ribbes te pomp. Groet die Grotman 2 is die ideale tonikum vir enige huwelik met Wynand van Vollenstee as die skreeusnaakse Grotman.

Meer inligting by www.grotman2.co.za

Daar is ’n ouderdomsbeperking van PG16 op Groet die Grotman 2. Besprekings kan gedoen word by www.itickets.co.za of 011 815 3000. Daar is ook seisoenkaartjies teen R450 vir vyf aanlyn Kelderkonserte wat dan ’n R450 besparing is. Groet die Grotman 2 sal slegs eenmalig uitgesaai word en daar sal geen heruitsendings wees nie.

LEES OOK: Geniet Groet die Groetman 2 in die gemak van jou eie huis 

LEES OOK: Enjoy a Beautiful Noise (and other Neil Diamond hits) in your living room on Sunday

   

Related Articles

 
Back to top button