Dozi stel nuwe enkelsnit vry

Die lied gaan oor plekke se name wat verander en die verwarring wat daarmee gepaard gaan.

Gewilde musikant Dozi het in 2020 sy 19e album, Vrede, vrygestel.

Hy het reeds twee enkelsnitte vanaf die album vrygestel, Partykeer Somtyds en Ek wil vir jou sê. Nou volg sy derde enkelsnit vanaf dié album, Dis Hoekom.

Die liedjie is deur Dozi, Kappie Kapp en Stef Kruger geskryf en is vervaardig deur Dozi, Mauritz Lotz en Tertius Human.

“Die lied gaan oor plekke se name wat verander en die verwarring wat daarmee gepaard gaan. Dit is ’n ligte, humoristiese liedjie wat gaan oor die dinge wat ons almal eintlik kwaad maak, maar die liedjie gooi ’n bietjie lig daarop. Ek dink mense sal aanklank vind en kan deel in die humor omdat dit so van toepassing is op die huidige omstandighede in ons land,” het Dozi oor die lied vertel.

“Die rede hoekom ek musiek skryf, is om iets in die wêreld beter te maak. As jy ongelukkig is en jy luister na die regte musiek, dan voel jy beter,” het Dozi gesê.

Dis Hoekom is beskikbaar op alle digitale platforms. Laai die liedjie hier af: https://lnk.to/47YsMkvf

Volg vir Dozi op Facebook (https://www.facebook.com/Dozifanpage/) en Instagram (@doziopperman).

LEES OOK: Rudi Claase se nuutste album verkoop soos soetkoek

LEES OOK: Gerhard Steyn beskryf die krag van liefde in nuwe enkelsnit

   

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version