Lifestyle

Gerhard Steyn deel boodskap van hoop met Sakevroue

Die kunstenaar het die vroue toegespreek en hul vermaak deur van sy bekende liedjies te sing.

Die Oos-Randse Sakevroue het op 14 April ‘n onvergeetlike vergadering te Summer Place gehou
met die gewilde Boksburg sanger Gerhard Steyn.

Die kunstenaar het die vroue toegespreek en hul vermaak deur van sy bekende liedjies te sing.
Steyn is al vir jare bekend vir trefferliedjies soos Baby Tjoklits en Diamante vir Jou.

Dit was nie net vir Steyn ‘n spesiale dag omdat hy die sakevroue toegespreek het nie, maar sy
dogtertjie, Zardi, het ook op daardie dag vyf jaar oud geword.

Die klein bondel liefde het die Steyn-gesin vroeg verras en het net 1.2kg met geboorte geweeg. ‘n Noodkeiser moes toegespas word.

Steyn het verduidelik dat sy vrou, Zelri, ‘n moeilike swangerskap gehad het en dat hulle op hul
geloof moes steun.

“My vrou se liggaam het die swangerskap verwerp,” het hy verduidelik.

Zardi het by die hospitaal ook by die dood omgedraai nadat sy verstik het aan medikasie wat die dokters vir haar gegee het.

“Ek het my foon gaan haal en was nie daar toe dit gebeur het nie. Ek het toe later besef God laat
ons nooit alleen nie en Hy vat ons soms weg uit situasies uit,” het Steyn gesê.

Hy het gesê dat hy ‘n gesinsman is en dat hy die beste pa wil wees, maak nie saak wat. Sy ander
dogter, Zaniq, is nou 18 maande.

Volgens Steyn, het die Here hom vlerke gegee en kon die duiwel hom nie stilmaak nie.

“Ek het eendag my ma hoor praat toe sy vertel het dat my pa sy hand oor my mond gedruk het to
ek geskree het toe ek ‘n baba was.

“Hy het ook glo my voete gevat en my teen die kante van die kot geslaan.

“Op skool kon ek nie praat nie, ek het gehakkel. As ek wou praat het dit gevoel asof iemand my mond
toe hou. Nou verstaan ek hoekom.

“Die duiwel wou my toe al stil maak, maar hy kon dit nie regkry
nie. Vandag is ek op TV,” het hy vertel.

Gerhard Steyn het die vroue toegespreek en van sy bekende liedjies gesing.

Gerhard het ook gepraat oor sy reis op die program wat hy saam met die komediant Alvin Bruinders
aanbied, Konings van Kitskos. Hulle is ook nou deel van die program Skud dit af saam met voormalige
Mej Suid-Afrika Melinda Bam.

Die sanger het ook uitgewys dat die Covid-19 pandemie, soos met talle ander kunstenaars en sakemense, ‘n negatiewe impak op sy finansies gehad het.

“Ons is die bekendste armste mense wat jy al in jou lewe ontmoet het,” het hy geskerts.

Na die vertoning kon gaste ook foto’s saam met Steyn neem.

Lees Ook: Video: Tobie Cronje deel wysheid by Oosrand Sakevroue se vergadering

Lees Ook: Oos-Randse Sakevroue gereed vir 2021

   

Related Articles

Back to top button