Lifestyle

Vrywilligers vir hipnose aanlyn TV-vertoning gesoek

André gaan ook die gehoor (dis nou julle by die huis) vra watter voorstelle julle het wat hy met die vrywilligers moet aanvang

Lefra Produksies is opsoek na vrywillgers om die sterre te wees van André die skreeusnaakse hipnotiseur se vertoning wat deel is van Lefra se Kelderkonserte.

André, Suid-Afrika se bekendste verhooghipnotiseur, is ook deel van Lefra se Kelderkonserte op 26 Julie om 5nm. Die sterre van André se vertonings is egter vrywilligers.

As jy ouer is as 18 en jonger as 30, in die Johannesburg of Oos-Rand omgewing woon, op hierdie aanlyn TV-program wil verskyn, ‘n ekstrovert is wat glad nie omgee om mal goed op die verhoog aan te vang nie en natuurlik vrywillig onder hipnose sal wil gaan, wil Lefra Produksies graag met jou gesels.

LEES OOK: 

Geniet Groet die Grotman 2 in die gemak van jou sitkamer

Met 10 vrywilligers lewendig en regstreeks in die Lefra Kelder weet mens nooit wat gaan gebeur nie. Ons vrywilligers is die sterre van die konsert en hulle laat ons gehore skaterlag – natuurlik met so ‘n bietjie hulp van André af.

André plaas ons vrywilligers onder hipnose en dan doen mens mos allerhande goed wat mens nie sommer aldag sou doen nie – soos om ‘n wasmasjien te wees, ‘n redder in Baywatch, Juanita du Plessis of sommer net ‘n hondjie of ‘n katjie.

Slaap! En kom skaterlag vir André en sy ster-vrywilligers. Lefra Produksies het ook ‘n paar jaar gelede die televisieprogram Skaterlag met André-die skreeusnaakse hipnotiseur op kykNET uitgesaai.

André gaan ook die gehoor (dis nou julle by die huis) vra watter voorstelle julle het wat hy met die vrywilligers moet aanvang. Soos byvoorbeeld eet ‘n ui en dink dis ‘n appel, jy moet skelm sigarette gaan koop of jy is Superman!

As jy nou reeds idees het, e-pos dit aan info@lefra.com of SMS die volgende na 33000: Lefra (dan ‘n spasie) jou naam en van en jou idee wat André met sy vrywilligers onder hipnose moet laat doen.

Indien ons jou idee gaan gebruik, wen jy ‘n aanlyn kaartjie vir André se vertoning , het Lefra Produksies in ‘n verklaring gesê.

Skakel vir Monica Booysen by 011 815 3000 of stuur ‘n e-pos aan bestuur@lefra.com

Kry meer inligting oor die Lefra Kelderkonserte by www.lefra.com en besprekings kan gedoen word by www.itickets.co.za

LEES OOK: 

#Kelderkonsert Sondag: Helenè Bester sing Nana Mouskouri aanlyn

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button