Verdubbel die geluk saam Stef Kruger en Petronel Baard

Die talentvolle Will Worsley maak ’n buiging op die verhoog saam met Stef Kruger en Petronel Baard by Rockin’ Wolf Theatre, Sunward Park, met ’n intieme kuier op 19 November.

Wyne is ook te proe vir die aficionado’s – die perfekte manier om ’n nuwe week te begin, so aan die einde van die jaar.

Die legendariese liedjieskrywer, Stef en die Lang Vrou, Petronel, se ongelooflike stemme en lieflike vertolkings is ’n wenkombinasie.

Stef se bekende wysies en woorde vervoer met ou en nuwe nostalgie tussen die Pennies op die spoor en Grassade in die wind.

Stef Kruger.

Petronel se vrolike lag kan ver gehoor word as hy een van sy “ware” stories vertel en wanneer sy haar mooi musiek sing is daar geen droë oog in die gehoor oor nie.

Petronel speel lieflik en doen harmonie saam met Stef wat haar op sy perkussie instrumente ondersteun.

Hulle wissel die spoor van besonderse musiek af met ’n gekorswel wat jou sal laat krul van die lag.

Vir meer inligting kontak Phil by 078 331 9237.

Exit mobile version