Lifestyle

Meat World hou groot musiekfees by Boksburg K90

Meat World by die K90 Winkelsentrum hou op 5 Augustus ’n heerlike musiekfees.

Meat World gee ook 14 Suzuki Shifts weg by alle takke van Meat World op dié dag.

Om vir hierdie kompetisie in aanmerking te kom, moet jy vir meer as R100 by enige tak van Meat World koop en dan jou inskrywingsvorm met kasregisterstrokie in die kompetisieboks gooi.

SAARKIE.

Daar word ook baie lekker vlooimarkte by die Meat Worlds by die Springs Mark, K90 Sentrum en Meadowdale Value Centre gehou.

As jy belangstel om ’n stalletjie te bespreek, skakel vir Lefra by 011 815 3000 of 083 254 7293.

Boksburgers het die geleentheid om by die Meat World by die K90 die volgende kunstenaars te geniet: Hennie Smit is seremoniemeester en sangers Francois van Rensburg, DJ Ossewa, SAARKIE en Dozi gaan die verhoog op horings neem.

Dozi.

Die besturende direkteur van die Meat World groep van maatskappye, Angelino Pereira, sê dat die Meat World musiekfeeste al vir die afgelope 25 jaar aangebied word.

“Hierdie is vir ons ’n lekker manier om vir ons kliënte dankie te sê vir die wonderlike ondersteuning,” sê Pereira.

“Ons gee ook 14 motors weg en dit is vir Meat World baie lekker om 14 van ons kliënte op hierdie manier te bederf.”

DJ Ossewa.

Pereira sê ook dat hy baie trots is op watter maniere Meat World die gemeenskappe bedien.

“Dit is vir ons so belangrik dat elke Meat World sal teruggee aan die gemeenskap wat ons bedien. Juis daarom nooi ons almal om hierdie wonderlike musiekfeeste saam met ons te geniet. Heeltemal gratis en verniet.”

Meat World bied ook baie spesiale aanbiedinge op vleis op 5 Augustus aan.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button