Kaartjies na Bobby se vertoning verbly Concordia harte

Twee Laerskool Concordia skoliere gaan vandag (27 Oktober) met breë glimlagte en ’n lekker verrassing in die skooltas hul ouerhuise binnestap.

Vinnette Oosthuizen en Chanel de Villiers, albei graad vyf leerlinge, is die gelukkige wenners van vyf kaartjies na Bobby van Jaarsveld en Franja du Plessis se vertoning, volgende week.

Die vertoning vind in net bietjie meer as ’n week plaas, op Vrydag, 4 November, by die Woord en Lewe Auditorium, in Sunward Park.

Anro Ras en Romandie Schnepel, van Armandi Events, in samewerking met Savvy Adds en die Boksburg Advertiser, het die kaartjies aan Vinnette en Chanel oorhandig, saam met ’n verdere 200 kaartjies wat aan die skool geskenk is.

Hierdie kaartjies is onder die graad sewe leerlinge en Concordia personeel uitgedeel.

Kaartjies na die vertoning is beskikbaar by Computicket, of neem deel aan die Boksburg Advertiser kompetisie om kaartjies los te slaan.

Die kompetisie sluit op 31 Oktober en die wenners sal op 1 November, via Facebook, in kennis gestel word.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version