Lifestyle

Die vrese van die nag weggeverf tot kuns

Hondvis is die titel van een van bekroonde plaaslike skilder Barry de Villiers se werke.

Dit dien ook as inspirasie vir ’n aandvertoning met musiek, gedigte en gedagtes oor die kortstondigheid van die lewe, die vlietendheid van die liefde en die drang in die binneste om te bly glo in skoonheid, al kom die nag se skimme om die teendeel te verkondig.

De Villiers het die nag se donker beelde getakel met sy grootste wapen – die kuns.

Kom geniet hierdie unieke vertoning deur de Villiers, met musiek en gedigte deur Koos van der Merwe, by die Woord en Lewe Ouditorium, op 22 Oktober, om 6.30nm vir 7nm.

Van der Merwe, bekend as deel van die groep Prophet, het juis aanboord gekom met die aandvertoning aangesien hy aangegryp was deur hierdie kunswerke, wat die vrese van die nag wegverf tot kuns.

Vir enige navrae, kontak vir Barry de Villiers op 073 815 3850 of 011 917 7085.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button