Lifestyle

Wen ‘n DVD van lokettreffer ‘Vir Altyd’

Die lokettreffer, Vir Altyd, met Ivan Botha en Donnalee Roberts in die hoofrolle, is die mees suksesvolle Afrikaanse rolprent tot nou toe en het meer as R15-miljoen by die plaaslike loket verdien.

Dié rolprent is reeds op DVD uitgereik.

Ivan en Donnalee gaan ook weer regoor die land toer om aanhangers te ontmoet, te gesels en foto’s te neem by die winkels waar die DVD verkoop word.

Vir Altyd is ’n romantiese avontuurfilm wat die verhaal vertel van Nina (Donnalee Roberts), wat in sprokiesverhale glo, maar wie se verloofde, Retief (Stiaan Smith), haar op haar groot dag – wat sy al van kindsbeen af beplan – voor die kansel los.

Kyk hier na die amptelike lokprent van Vir Altyd:

Kompetisie

In samewerking met Starburst Promotions kan drie gelukkige Advertiser lesers elk ’n DVD wen.

Om in te skryf, e-pos jou naam en van, kontaknommer, area waar jy woon en die antwoord op die volgende vraag na ischke@caxton.co.za: Wie is Nina se verloofde in die film, Vir Altyd?

Gebruik ‘Vir Altyd kompetisie’ as die onderwerpreël.

Die kompetisie is nou oop en sluit om middernag, op Woensdag, 22 Junie.

Jy kan soveel keer as jy wil inskryf.

Slegs Boksburg-inwoners se inskrywings sal oorweeg word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button