Lifestyle

Moed, dapperheid, kameraadskap vorm kern van nuwe Afrikaanse film

Die lusmaker lokprent van die nuwe Anglo-Boereoorlog film, Modder en Bloed, is aan die begin van Desember eksklusief deur kykNET vrygestel.

In 1901, terwyl die Anglo-Boeroorlog in Suid-Afrika woed, word Boere-kryger Willem Morkel (Stian Bam) se vrou en engiste kind deur Britse soldate vermoor.

Willem word gevange geneem en verban na die eiland van St Helena waar ander Boere ook as krygsgevangenes aangehou word.

Daar is geen genade vir hulle nie. Onder verskriklike omstandighede word elke dag ’n stryd om oorlewing, maar dit wakker die kameraadskap onder die mans aan en hul word soos familie.

Kolonel Swannell (Grant Swanby) is in beheer van die konsentrasiekamp en het ’n vurige haat vir die Afrikaner, en hy maak hul bestaan so moeilik as moontlik.

Dan aanvaar Willem ’n aanbod wat sal lei tot die belangrikste stryd van die Boere se lewens.

Modder en Bloed se indrukwekkende ensemble-rolverdeling sluit Suid-Afrikaanse en Britse spelers in, onder ander Deon Lotz, Edwin van der Walt, Albert Maritz, Altus Theart, Jacques Bessenger, Bok van Blerk, Michael Richard en David Louw.

Sean Else, skrywer, regisseur en vervaardiger, sê die maak van die film was ’n groot ondervinding wat ’n ongelooflike span mense van regoor die wêreld, voor en agter die kamera, met elke uitdaging net nader aan mekaar en aan die projek gebring het.

Modder en Bloed is vervaardig deur Dark Matter Studios (Llewelynn Greeff en Henk Pretorius – Leading Lady) en Collective Dream Films (Sean Else – Platteland).

Dit word op 1 April 2016 landswyd deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

Die film word in samewerking met kykNET Films en die Departement van Handel en Nywerheid uitgereik.

Kyk lokprent hier:

www.youtube.com/watch?v=HRpY8nX6vJM

Sosiale Media-skakels:

Facebook: https:www.facebook.com/BloodAndGloryMovie

Twitter: @bloodglorymovie

Instagram: bloodglorymovie

www.modderenbloedmovie.com

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button