Vyf Hollywood in my Huis DVDs te wen!

Hollywood in my Huis het in 2014 drie toekennings by die kykNET Silwerskermfees ingepalm en in Junie vanjaar in fliekteaters landwyd begin draai.

Die fliek is uit alle oorde deur resensente geloof en beskryf as een van die beste Afrikaanse romantiese komedies wat die meeste slaggate misgetrap het, en gewaag het om te gaan waar ander te bang was om te gaan.

Hollywood in my Huis is ’n romantiese komedie oor volwassewording, wat hom teen die agtergrond van ’n Suid-Afrikaanse matriekafskeid in 2004 afspeel.

Die storie fokus op ’n gewone tienermeisie – Jana van Tonder – wat in ’n arm spoorwegbuurt saam met haar disfunksionele ouers woon. Jana, haar ouers en haar beste vriend, Frikkie, woon almal aan die verkeerde kant van die spoorlyn.

Jana se pa is werkloos en haar ma het haar eie skoonheidsalon wat sy uit ’n karavaan in die voortuin bedryf.

Die volwassenes se drome is reeds aan skerwe, maar Jana se drome styg ver bo haar beskeie omstandighede uit.

Toe sy op televisie sien hoe Charlize Theron haar ikoniese Oscar-beeldjie wen, inspireer dit Jana om haar matrieksafskeid, wat voor die deur lê, in haar eie Hollywood-rooitapyt oomblik te omskep.

Die rolprent raak aan twee wêrelde – die mense aan die verkeerde kant van die spoorlyn en hulle ryk teenpole – maar dit gaan ook oor die fantasiewêreld waarin Jana leef.

Hoewel Hollywood in my Huis ’n lighartige en prettige gesinsrolprent is, het die uitdaging van die storie daarin gelê om ’n balans tussen die ligter en donkerder elemente te handhaaf.

* Vyf gelukkige lesers staan die kans om elk ’n DVD van Hollywood in my Huis te wen.

Om in te skryf, SMS die woord ‘Hollywood’, gevolg deur jou naam en die area waar jy woon, na 33657.

Die kompetisie sluit op 29 Oktober om 12-namiddag.

SMSe kos R1.50 en gratis SMSe geld nie.

Slegs Boksburg inwoners mag vir die kompetisie inskryf.

Wenners sal telefonies gekontak word.

Hollywood in my huis’ se akteurs kom kuier in Boksburg

Exit mobile version