Lifestyle

Wen een van vyf Bok Koors albums!

Met die Rugby Wêreldbeker net om die draai loop Bok koors behoorlik hoog regoor Suid-Afrika.

Elke Suid-Afrikaner hou duimvas dat die Bokke die beker huis toe sal bring.

Met hul musiek het van ons land se voorste sangers saamgespan om hulle eensgesindheid en ondersteuning aan die Bokke te bewys.

Bok Koors is propvol liedjies wat sal aanklank vind by enige rugby ondersteuner, hetsy om ’n braaivleisvuur, op die pawiljoen of vasgenael voor die televisie.

Al die liedjies op hierdie album is daarop gerig om ons as Suid-Afrikaners weer in die regte gees te kry om ons span te ondersteun in die Bokke se poging om hul derde Wêreldbeker trofee omhoog te hou.

Bok Koors bevat 21 Springbok rugbytreffers waarvan die 15 splinternuwe treffers beloof om luisteraars vinnig op hul voete te kry.

Die album word uitgereik deur Vonk Musiek in samewerking met kykNET en word versprei deur Real Music Distribution.

* Vyf lesers staan elk die kans om ’n kopie van Bok Koors te wen.

SMS die woord ‘Bokke’, gevolg deur jou naam en die area waar jy woon, na 35718.

Die kompetisie sluit op 17 September om middag.

SMSe kos R1.50 elk.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button