Wen kaartjies na skreeusnaakse verhoogstuk

Die lekkerlag produksie, My Boetie se Boetie se Boetie se Baba, word op publieke aanvraag weer by Carnival City vanaf 27 tot 30 Augustus opgevoer.

In My Boetie se Boetie se Boetie se Baba ontmoet ons vir Tom Koekemoer (Cobus Venter). Hy en sy vrou Linda (Cindy Swanepoel), is opgewonde oor die vooruitsig om ’n baba aan te neem.

Al wat nog moet gebeur is ’n besoek deur die maatskaplike werkster (Marga van Rooy), ’n paar vrae moet beantwoord word en die baba is hulle s’n. Maar dinge werk nie so uit nie. Nie eers naastenby nie.

Terwyl Tom ’n gerespekteerde middelklas bestaan voer, kan dieselfde nie van sy broers Dick (Botha Enslin) en Harry (Francois van Rensburg) gesê word nie.

Regisseur Frans Swart sê My Boetie se Boetie se Boetie se Baba is een van daardie klugte wat oor al die elemente beskik om gehore aan die lag te kry en aan die lag te hou.

*Drie lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wen na My Boetie se Boetie se Boeie se Baba, by Carnival City, op Donderdag, 27 Augustus, om 8nm.

Om in te skryf, SMS die woord ‘Boetie’, gevolg deur jou naam en die area waar jy woon, na 35718.

Die kompetisie sluit op 26 Augustus om 12nm. Wenners sal telefonies gekontak word.

SMSe beloop R1.50 elk.

T’s en C’s geld.

Exit mobile version