Adam maak die Eva’s se knieë lam by plaaslike teater

Adam, die alombekende musiekgroep, het die gehoor Saterdagaand, 16 Mei, met ’n intieme vertoning by die Live Arts Little Theatre verras.

Adam is ’n drie-stuk Suid-Afrikaanse groep, wat bestaan uit Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant. Dit was die groep se eerste optrede by dié teater.

Die aantreklike musiekgroep het die gehoor in verwondering gehad tydens hierdie unieke optrede, bestaande uit ’n paar verassings wat sommige aanhangers vir die eerste keer beleef het.

Adam het die gehoor op ’n toer deur hul beginjare geneem, tot waar hulle nou as die Ghoema 2015 Groep van die Jaar bekendstaan, en van hul oudste tot hul nuuste snitte opgevoer.

Die groep, wat streng klem daarop lê dat hulle nie ’n “boy band” is nie, het ook ’n Engelse akoestiese keurspel van ’n paar van hul gunsteling liedjies gesing.

Sharoney, ‘n opkomende nuwe kunstenaar afkomstig van Springs, het die gehoor vermaak met voorafsang.

Sy is ook pas benoem vir ’n 2015 Huisgenoot Tempo Toekenning, vir Nuweling van die Jaar. – @IschkeBoksburg

Kyk hier om ’n voorsmakie van die optrede te kry:

Kyk hier na die fotogallery:

Adam maak Eva’s se knieë lam by Live Arts Little Theatre

 

Exit mobile version