Lifestyle

Slaan ’n boekprys los vir ’n jong boekwurm

Ken jy ’n jong boekwurm wat graag sy tyd aan ’n boek bestee en homself betower deur die manewalis van die karakters?

Indien wel, kan jy een van die volgende twee boekpryse, uitgegee deur Stuik Kinderboeke (’n druknaam van Random House Struik), wen:

1. Sourus Straat: Tyrannosourus in die Groentetuin

Jak kry ’n Tyrannosourus in hulle groentetuin. Dis ’n groot probleem, omdat dinosourusse vreeslik baie eet. Jak, sy beste vriend, Tobie, en die hond, Tjaila, probeer eers die dinosourus wegsteek, maar vind uit dat dit beter sal wees om hom terug te neem na sy eie tydperk.

Met behulp van die toorkryt wat Tobie vir sy verjaarsdag gekry het, ontwerp hulle ’n tydmasjien en vat die dinosourus huis toe. Maar dáár wag iets nog groter: die Giganotosourus!

Sourus Straat: ’n Pterodactyl Steel my Huiswerk

Reuben se ma is woedend toe ’n pterodactyl by die venster in vlieg en sy huiswerk steel. Dis die vyfde keer hierdie maand dat sy huiswerk wegraak. Reuben en Nico moet ’n plan maak om die huiswerk terug te kry. Om dit te kan doen, moet hulle tot by Dinosourus-koppie kom, waar hulle die pterodactyl sal kry.

Nico en Reuben bou ’n pterodactyl-pak en vertrek na Dinosourus-koppie. Maar dáár wag ’n eiervormige verrassing op hulle!

2. Karatekas #1: Vriende en Verraad

Warren het in die laaste kampioenskappe die beste in die dojo gevaar. Hy ontdek dat sy beste vriend, Divan, wat al ’n rooi gordel het, bedreig voel deur hom. Die verhouding tussen hulle word ingewikkeld toe Warren deur die sensei opgehemel word voor die groot kampioenskap in Durban. Warren vind uit dat sy ma nie genoeg geld het om die inskrywingsgeld te betaal nie. Hy wil sterf van teleurstelling. Kyla bring al meer tyd met Warren deur en hy vertrou Divan al minder.

Karatekas #2: Konkels en Skelmstreke

In Durban kan Kyla nie verstaan waarom haar pa nie opdaag soos hy belowe het nie. Sy beseer haar enkel op die bus op pad na die kata-demonstrasie. Om alles te kroon, hoor sy ’n ontstellende gesprek wat haar laat dink dat daar ’n groot bedrogspul aan die gang is. Moet sy veg, ten spyte van die oneerlikheid waarvan sy bewus is en haar seer enkel? En waar is haar pa?

Albei boekpryse is geskik vir laerskool leerlinge.

Om ’n kans te staan om een van hierdie geskenkpakke te wen, SMS die woord “Struik”, gevolg deur jou naam, na 35718.

Die kompetisie sluit op 21 Mei om 12-middag.

SMSe kos R1.50.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button