Lifestyle

Wen Gert Koevert se nuwe album!

Beoordeling: ’n Lekker-luister album vir enige Afrikaanse musiekliefhebber.

Resensent: Ischke de Jager

CD: Op pad

Sanger: Gert Koevert

Plate Maatskappy: Vonk Musiek

Sanger en liedjieskrywer Gert Koevert het onlangs sy nuwe album, Op Pad, vrygestel.

Met ‘n wye verskeidenheid van snitte sal Op Pad in elke Afrikanerhart ’n plekkie vind en is geskik vir enige kuier of langpad-ry geleentheid.

Met hierdie album het Gert al die musiekstyle waarvan hy hou probeer vasvang, met die hoop dat dit waarvan hy hou ook luisteraars se harte vinniger sal laat klop.

* Die Advertiser, in samewerking met Vonk Musiek, gee vir vyf lesers die kans om Op Pad te wen.

Om ‘n kans te staan om ’n kopie te wen, antwoord die volgende vraag: Wat is die naam van Gert Koevert se album?

SMS jou antwoord en die sleutelwoord “Gert”, gevolg deur jou naam, na 35718.

Die kompetisie sluit om 12-middag, op 27 Februarie. SMS’e kos R1.50. – @IschkeBoksburg

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button