Lifestyle

Fliek beooordeling: Die Spook van Uniondale

Bestaan spoke of geeste nog? Of het hulle uitgesterf met die aanbreek van die nuwe Suid-Afrika?

Resensent: Ischke de Jager

Film: Die Spook van Uniondale

Genre: romanse, drama

Met komplimente van: Times Media Films

Beoordeling: Almal wat net met Afrikaanse rolprente wil ontspan en na die tyd kopskud en lag, sal heel moontlik van dié fliek hou.

Wie onthou nog die storie van die Uniondale-spook? Die dame wat grusaam verongeluk het terwyl sy op pad was om te gaan trou.

Motoriste wat die vrou met die trourok ’n ryloop-geleentheid gegee het, het besef dat dit ’n spook was eers nadat sy soos ’n groot speld uit die motor verdwyn het.

In Die Spook van Uniondale is Stefan (Adam Tas), ’n jong sakeman, op pad na sy ouers in die pragtige Baviaanskloof.

Sy Paasnaweekplanne verander drasties wanneer sy voertuig net buite Uniondale gaan staan.

Stefan kry dit egter reg om tot in Willowmore te ry, waar hy ’n paar gure karakters raakloop.

Hy vertoef op die dorp en by die plaaslike kroeg leer hy van die ontstaan van die legende van die Spook van Uniondale – die storie van Johan (Ivan Zimmermann) en Marie (Tanya van Graan), wat van kleintyd af gekys was en uiteindelik trou — maar hul storie eindig tragies.

Stefan ontmoet ook ’n jong boeremeisie Sonja (Nelda Janse van Rensburg) op die dorp, die aantrekkingskrag tussen hulle duidelik.

Jy kan die film kyk as jy bloot vermaak wil word en Afrikaans wil ondersteun.

Soms is die spel oordrewe, en tonele waar spanning of spokerigheid geskep kon word, kom uitgerek voor. Mens weet nooit of jy moet glimlag of ril nie.

Dit is ook bietjie aan die lang kant, en soms lyk Tobie Cronjé asof hy in die verkeerde film verdwaal het.

As jy van Stuur Groete aan Mannetjies Roux of Paljas gehou het, sal jy van Die Spook van Uniondale hou. – @IschkeBoksburg

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button