Lifestyle

WEN! Glipstroom deur Anemari Jansen

Beoordeling: Glipstroom is vir diegene wat weer lief en verlief wil raak vir die klein dinge in die lewe, en opnuut met dankbaarheid besef hoe gelukkig hulle kan wees met dít wat hulle het.

Resensent: Ischke de Jager

Epos: ischke@caxton.co.za

Boek: Glipstroom

Skrywer: Anemari Jansen

Uitgewer: Human en Rousseau

Maja probeer aanpas by die lewe in ’n padkamp in die Kavango ná haar ingeneursman daarheen verplaas word.

Louis se ondervindings as lid van die SAPD se onluste-eenheid spook egter by hom, en Maja leef in die glipstroom van die vorige jaar waar haar lewe in die geil Soutpansbergstreek ’n moedswil van sy eie ontwikkel het.

Haar reise word ’n poging om begeerte, verlange en skuld te verstaan.

Die tema wat sterk deurkom in die verhaal is die verwesenliking dat dit nie altyd groener aan die anderkant van die draad is nie.

Soms dwaal ’n mens af na groener weivelde, maar daar sal ’n tyd kom wanneer jy besef dat dít wat jy reeds het; dít waarvan af jy wegdwaal; eintlik die beste vir jou is.

Hoe gouer die mensdom dit besef en aanvaar, hoe gelukkiger sal hulle wees.

Die skrywer se sterk waarnemingsvermoë sorg vir ’n boeiende verhaal.

* Een leser staan die kans om ’n kopie van Glipstroom te wen.

Antwoord eenvoudig die volgende vraag: Waar woon Maja en haar ingeneursman tans?

SMS jou naam, die woord ‘glipstroom’ en jou antwoord na 35718. SMSe kos R1.50.

Die kompetisie sluit 19 Desember, om 12nm. – @IschkeBoksburg

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button