WEN! Nataniël deel sy 150 beste stories

Beoordeling: Die 150 stories is kortverhale wat die lagspiere prikkel, met Nataniël se beeld en stem blywend in jou agterkop.

Resensent: Ischke de Jager

Epos: ischke@caxton.co.za

Boek: 150 stories

Skrywer: Nataniël

Uitgewer: Human en Rousseau

As jy al ooit by ’n Nataniël-show was – jy kan dit nie ’n vertoning, opvoering of optrede noem nie – sal jy sommer sy stem hoor wanneer jy van sy 150 stories lees.

Hierdie omvangryke versameling van die bekende en gewilde Nataniël se verhoogverhale is dus die ideale Kersgeskenk!

Nataniël is een van Suid-Afrika se meesterstorievertellers op die verhoog.

Sy unieke stem en styl, sy spitsvondige en skerpsinnige humor, sy deurnis vir die verskoppelinge en die verstotelinge, dit alles maak hom ’n belangrike stem in ons kultuur en samelewing.

Die versameling sluit in byna al sy verhale (Afrikaans en Engels) uit ouer bundels wat reeds deur die jare uit druk geraak het (Oopmond, Rubber, Maria Maria, Tuesday, Kaapkop 2, When I was), sowel as 10 ander stories.

Die meeste vertellings verskeie lae waaraan jy kan kou en herkou. Sommige is satiries, ander is verskriklik snaaks.

Maar daar is ook dié wat jou laat huil en ander wat jou aangryp. Hy self staan baie keer sentraal aan die verhaal.

Dié temas is soms nogal gewigtig, maar word besonder verteerbaar aangebied.

Nataniël was nog altyd ’n meester storieverteller, aangesien hy ‘n buitengewone wêreld skep, gevul met eensame mense wie almal sukkel om hul weg te vind.

* Een gelukkige leser kan ’n kopie van 150 stories wen.

Antwoord eenvoudig die volgende vraag: Noem een van die ouer bundels wat in hierdie versameling verskyn.

SMS jou naam, die woord ‘Nataniël’, gevolg deur jou antwoord, na 35718.

SMS’e kos R1.50.

Kompetisie sluit 12 Desember, om 12nm. – @Ischkeboksburg

Exit mobile version