Resensent: Ischke de Jager
Epos: ischke@caxton.co.za
Boek: Steve Hofmeyr 50
Skrywer: Steve Hofmeyr
Uitgewer: Random House Struik
Steve Hofmeyr is een van Suid Afrika se suksesvolste musikante en gewildste akteurs, met ’n groot en toegewyde bewonderaars.
Die boek bevat foto’s uit Steve se jeug en sy deurbraak-jare in die musiekbedryf.
Dit dek sy loopbaan in TV, films en musiekbyspele, insluitend Agter elke man, Egoli en 7de Laan.
Die boek volg sy loopbaan as ’n musikant, vertel stories van elk van sy albums, met foto’s van hom op die verhoog, agter die skerms, en op toer.
Dit sluit ook Steve se verhouding met die media, sy aktivisme en liefdadigheidswerk, en sy hoogs gevierde loopbaan as skrywer in.
Die boek verskaf ’n magdom foto’s, met byskrifte – in Afrikaans en Engels – wat Steve self geskryf het.
Hierdie boek word gepubliseer in die jaar wat Steve 50 word en herdenk sy 25 jaar in die musiekbedryf.
Elke Steve Hofmeyr aanhanger moet sy hande op ’n kopie van Steve Hofmeyr 50 neerlê. – @IschkeBoksurg