Lifestyle

WEN! Van sprokie tot tragedie – Oscar se verhaal

Verlede jaar, op Valentynsdag, was ’n jong vrou doodgeskiet, en dit het die wêreld se aandag aangegryp – amper obsessief.

Resensent: Leandi Cameron

Boek: Van Sprokie tot Tragedie in die Kollig

Uitgewer: Penguin

Mening: ’n Dieper blik op die invloed wat ’n tragedie het op die samelewing.

Dié dood van ’n pragtige opkomende model, het die kollig op die wêreld-bekende Suid-Afrikaanse paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, geplaas.

Die moordsaak het meer as ’n jaar geduur, en Pistorius is aangekla van manslag op sy verliefde, Reeva Steenkamp.

Verskeie mediahuise het aandag gefokus op die regspleging in Suid-Afrika.

Die boek Van Sprokie tot Tragedie in die Kollig is geskryf deur bekende vryskudjoernalis Ilse Salzwedel, wie deur ‘n vloedgolf menings gesif het om sin te maak van die Oscar-saak.

Die boek bring die skrywer nader aan die dieper redes waarom sekere besluite in die saak gemaak is, die rol van die polisie, forensies, regsbeamptes en meer.

Maar meer as dit, vra die skrywer: watter lesse hou so ’n tragedie in vir vandag se samelewing?

WEN! Om ’n kans te staan om ’n eksemplaar van hierdie boek te wen, SMS die woord ”Penguin”, jou naam en epos address na 35718, en beantwoord die volgende vraag: Op watter dag is Reeva Steenkamp vermoor?

Die kompetisie sluit op 9 Desember.

SMSe kos R1.50 elk en die wenner sal direk gekontak word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button