Lifestyle

Afrikaans is lekker ryk aan kreatiwiteit!

In minder as vyf jaar het Kobus Galloway se Idees vol Vrees die grootste en suksesvolste Afrikaanse spotprentreeks ter wêreld geword.

Resensent: Ischke de Jager

Epos: ischke@caxton.co.za

Boek: Idees Vol Vrees, Volume 4

Skrywer: Kobus Galloway

Uitgewer: Randon House Struik, Zebra Press.

Beoordeling: Afrikaans op sy beste! Dit is net in Afrikaans waar jy sulke oulike, vlymskerp sê-goed sal kry.

Hierdie ongewone, spitsvondige en grappige Afrikaanse tekenprente, wat gewoonlik gepaardgaan met dubbelsinnige eenreëlwoordspelings, is ’n reusegunsteling onder Suid-Afrikaners.

Idees Vol Vrees, Volume 4 volg op die sukses van die eerste drie boeke en is ’n versameling van nog 150 tekenprente, waaronder die gewildstes en meer as 100 nuwe tekenprente wat nog nêrens anders verskyn het nie te sien is.

As ’n bonus bevat die boek ook 50 van Galloway se oorspronklike eenreël-woordspelinggrappies wat jou lagspiere behoorlik sal prikkel.

Afrikaans is ryk aan kreatiwiteit en sê ’n ding soos dit is, en hierdie boek is ’n bewys daarvan.

Die spotprente is vlymskerp, uniek, kleurvol, en verseker ’n glimlag op die leser se gesig.

Dit is slim en gepas, met ’n ietwat droeë sin van humor.

Idees Vol Vrees, Volume 4, is ’n moet-hê vir die tienduisende bestaande bewonderaars en sal ongetwyfeld ’n hele klomp nuwes lok. – @IschkeBoksburg

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button