Wen ’n Johan C Venter album

Een van Afrikaanse musiek se nuwe gesigte, Johan C Venter, het by East Rand Traders op Sondag 18 Mei opgetree.

’n Aantal ondersteuners het hierdie geleentheid bygewoon om nie uit te mis op die kans om hom in aksie te sien nie.

Johan is ’n sanger en liedjieskrywer wat voorheen deel was van die a capella groep Flip a Coin.

Saam met die groep het hy bekend geword in die Afrikaanse musiekbedryf, en het ’n verhoog met van ons land se mees bekende kunstenaars by Skouspel gedeel.

Sy eerste solo album, Liedjies oor lugkastele, is in 2012 uitgereik, en daarna het sy musiek net van krag tot krag gegaan.

As liedjieskrywer het hy ook sy stempel afgedruk met van sy liedjies op ongeveer 18 verskillende CD’s en DVD’s.

Sy gewilde snit, Oë soos pêrels, was nommer 13 op die OFM algehele top 100 van 2012, en nommer een op beide Radio Laeveld en Overvaal Stereo se Top 20.

Johan C Venter is een van Afrikaanse musiek se nuwe gesigte.

Johan se liedjie, Jasmyn, is opgeneem in die nuutste FAK sangbundel in 2012.

Een van sy gedigte, Bloeisels, het ook deel geword as voorgeskrewe werk van die Afrikaanse graad nege skool kurrikulum.

Johan het ook sy debut in die filmbedryf gemaak waar hy in 2013 in die Afrikaanse film As jy sing verskyn het.

Een gelukkige Advertiser leser staan ’n kans om een van Johan C Venter se albums, Liedjies oor lugkastele te wen. Om te wen, SMS die woord “lugkastele”, jou naam en area waar jy woon na 35718 voor 3 Junie.

SMSe kos R1.50 elk.

Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.

Exit mobile version