Lifestyle

Plaaslike inwoner slaan ’n rol in Villa Rosa los

Jonk, aantreklik en talentvol.

Gebore en getoë in Boksburg, so kan die nuwe gesig in Villa Rosa, Jacques Pepler, in ’n neutedop beskryf word.

Na ’n jaar wat Pepler begin oudisie het vir ’n rol in Villa Rosa, het hy uiteindelik sy debut in hierdie gewilde Afrikaanse sepie in Februarie 2014 gemaak.

“Ek het vir twee maande call-backs gedoen en uiteindelik die rol gekry,” sê Pepler.

Pepler is nou ’n permanente kontrak as voltydse speler aangebied en vertolk die rol van Eben Rautenbach.

“Hy is deel van ’n nuwe familie wat by die Villa kom bly. Hy is nogal ‘n bedorwe brokkie en maak die lewe vir baie van die ander karakters moeilik,” verduidelik Pepler.

Pepler geniet dit “vreeslik” om teenoor Sharleen Surtie-Richards, ook destyds bekend as Nenna in Egoli, te speel.

Van kleintyd af was sy nog altyd een van sy helde en het hom sommer dadelik onder haar vlerk geneem toe hy op stel gekom het.

Richards het hom ook baie geleer oor hoe die sepie-wêreld in Suid-Afrika werk.

Pepler beskryf sy ervaring op stel as “verskriklik lekker”.

“Ons is soos ’n familie op stel en dit voel of ek elke dag net werk toe kom om saam met my pelle te kom speel. Dit voel glad nie soos werk vir my nie en dis wat my so gelukkig maak.”

Buiten sy rol in Villa Rosa, gee Pepler oor naweke klas by die Playhouse Acting School in die Oos Rand, waar hy sewe jaar gelede sy loopbaan as akteur begin het.

Hy was ook die Playhouse se heel eerste student.

Villa Rosa word Maandae tot Donderdae op DStv, kanaal 144, om 6nm uitgesaai.
Villa Rosa word Maandae tot Donderdae op DStv, kanaal 144, om 6nm uitgesaai.

Daarna het hy sy Graad in Uitvoerende Kunste aan die Amerikaanse Akademie van Dramatiese Kunste in New York verwerf, en leer nou vir die Playhouse studente tegnieke wat hy daar geleer het.

“Dit is rêrig die beste acting skool wat aspirante akteurs leer oor règte acting en hoe om die bedryf te benader,” sê Pepler.

Pepler se toekomsplanne is om eendag weer terug te keer na New York om ’n loopbaan in teater en film op internasionale vlak te benader.

“Ek het reeds ’n agent in New York, en ek dink ek sal ‘n goeie kans staan om ‘n impak te maak in die bedrwyf op ’n groter vlak.”

Boksburg inwoner, Jacques Pepler (heel regs), het in Februarie 2014 sy debut in Villa Rosa gemaak.
Boksburg inwoner, Jacques Pepler (heel regs), het in Februarie 2014 sy debut in Villa Rosa gemaak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button