Lifestyle

Maak jou reg vir Kersfees Skouspel

Elke jaar, so 'n paar dae voor Kersfees, bied Lefra Produksies sy jaarlikse Kersfees Skouspel by Carnival City se Big Top Arena aan.

Die produksie word aangebied in die ware Boney M-styl van Kersproduksies en is elke jaar ‘n skouspel van talent.

Vanjaar vind die skouspel op Saterdag, 14 Desember om 8nm plaas.

Jaconell Mouton is die musikale regisseur en Frans Swart is die regisseur.

Vanjaar gaan die room van Suid-Afrika se sangtalent, onder andere Alwyn Oberholster, Arina de Witt, Henrico Coetzer, Heuning, Jannie Moolman, Jay du Plessis, Kobus Muller, Liza Brönner en Rina Hugo vermaak.

“Ons het die eerste Kersfees Skouspel in 2006 aangebied en is vir ons elke jaar ‘n hoogtepunt op die kalender,” sê Swart.

“Dit was ‘n geweldige sukses en kaartjies is binne enkele weke uitverkoop. Die jaar se uitvoering gaan beslis groter en meer skouspelagtig wees.”

Volgens die organiseerders is dit maar min dat hierdie kersfeesuitvoerings op so ‘n groot skaal aangebied word, en is Carnival City se Big Top Arena die ideale plek vir so ‘n produksie.

“Gehore kan hulle gereed maak vir top vermaak.”

Besprekings vir die skouspel het reeds geopen by Computicket.

Alwyn Oberholster, Heuning, Jaconell Mouton, en Henrico Coetzer is van die kunstenaars wat verjaar by die skouspel gaan optree.
Alwyn Oberholster, Heuning, Jaconell Mouton, en Henrico Coetzer is van die kunstenaars wat verjaar by die skouspel gaan optree.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button