Lifestyle

Winter is die beste tyd om te snoei!

Voor jy jou plante begin snoei, maak seker dat jy die regte gereedskap.

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en dit verminder die kanse dat gesnoeide takke besmet sal word.

Jou snoeiskêr moet skerp wees sodat dit ’n skoon sny maak. Stomp snoeiskêre veroorsaak geskeurde snye wat tot infeksie lei. Gebruik snoeiskêre om kleiner takke en uitlopers te snoei, en takknippers vir effens groter en sterker takke. Vir groot, dikker takke het jy ’n tuinsaag nodig.

Dis ’n goeie idee om terug te staan en mooi te kyk na die boom of struik voordat jy begin snoei. Sodra jy besluit het op die uiteindelike vorm, grootte en hoogte wat jy wil bereik, kan jy van die takke stadig begin snoei. Onthou om steeds af en toe terug te staan om seker te maak dat jy van die resultate hou.

GARDENA hou die grootste reeks snoeiskêre aan met basiese en gemaklike toerusting waarvoor daar ’n groot aanvraag is.

  1. Snoeiskêre – vir sagte takke met diktes van tot 25 mm
  1. Takknippers – vir dikker takke met diktes van tot 45 mm
  1. SlimCut-takknippers – vir ondergroei wat dig is en gedeeltes wat moeilik is om by uit te kom.
  1. StarCut-takknippers – om takke wat hoog op is te snoei. Dit bereik hoogtes van tot en met 6 m
  1. AccuShears – ’n Skêr wat batterye aangedrewe is om heinings en grasperke te knip.

Immergroen struike kan wanneer nodig gesnoei word, gewoonlik wanneer dit klaar geblom het. Maar as die bos gevorm moet word, is lente die beste tyd om dit te doen. Immergroen heinings kan enige tyd van die jaar gesnoei word.

Die beste tyd om vrugtebome te snoei, is laatwinter – laat Julie of vroeg Augustus. Perskes, pruime, appels, pere en appelkoosbome moet as volg gesnoei word: Konsentreer op die binneste takke in die middel van die boom sodat lug kan sirkuleer en ook sodat sonlig deur die orige takke kan skyn. Dit sal volgende jaar ’n goeie oes verseker.

Sitrusbome het selde ’n swaar snoei nodig – sny net enige dooie en/of siek hout af en dun dit goed uit.

  1. Dit moedig groei aan.
  1. Dit vorm die plant.
  1. Dit bevorder blomme en vrugte.
  1. Dit raak van siek en dooie hout ontslae.
  1. Dit verwyder swak lote en onder-ontwikkelende hout.
  1. Dit herstel skade wat met ryp en storms aangerig is.
  1. Ken jou snoeiskêre – Die verskil tussen bypass-snoeiwerk en Anvil-snoeiwerk.

Bypass: Dis wanneer twee grondlemme verby mekaar gly om te sny, om ’n akkurate en skoon sny te bied. Dit is vir jong, groen lote geskik.

  1. Anvil: Die beginsel om twee snitte te maak werk dieselfde as om ’n mes te gebruik waar die lem deur die plant gedruk word en die tweede lem ondersteuning bied om die risiko vir skade te verminder. Dit werk perfek vir harde, droë hout.
  1. Moenie in baie koue toestande snoei nie, want die koue kan die plant skade doen. Plante herstel nie gou in koue weersomstandighede nie.
  1. Wanneer jy snoei, is dit ’n goeie idee om terug te staan en mooi te kyk na die boom of struik voordat jy begin snoei. Wanneer jy besluit het op die uiteindelike vorm, grootte en hoogte wat jy wil bereik, begin stadig die onderste takke te snoei en staan kort-kort terug om te kyk of jy van die resultaat hou. As jy ’n oorgroeide, uitgestrekte struik met baie “benerige” takke het, is dit sinvol om dit heeltemal terug te snoei sodat nuwe lote van die onderkant af kan groei.
  1. Dra dik tuinhandskoene om jou hande te beskerm. Wanneer jy digte struike moet snoei, wil jy dalk ook iets dra wat jou oë sal beskerm.

Lees ook: Kry só jou tuin reg in Julie

Die artikel Winter is die beste tyd om te snoei!  het eerste in Rooi Rose verskyn.

Related Articles

Back to top button