Lifestyle

Vakansieskoonheid SOS

Dis vakansietyd! Baie van ons gaan dalk ure op die strand en water deurbring terwyl die son op ons bak. Beskerm jouself só die vakansie.

Die probleem: Groen hare

Hoe voorkom jy dit? Maak jou hare nat voor jy swem.

Oplossing: Tamatiesous

 

Vakansieskoonheid SOS

 

Jou probleem: Groen hare

Het jy geweet dit is nie chloor wat jou hare groen maak nie, maar koper (wat selfs in kraanwater voorkom)? Wanneer chloor en koper egter saam voorkom (soos in die swembad) bind dit saam en vorm ’n lagie wat aan die proteïne van jou hare bind en dit groen maak. Ek het selfs al groen hare gekry na ’n swem in ’n bergpoel (die koper in die water het glo gereageer met ligte oorblyfsels van ’n aanspuit pienk kleur in my hare).

Lees ook: Skoonheids…BLAPSE!

 

Voorkoming

Maak jou hare met kraanwater nat en/of wend ’n opknapper of masker aan voordat jy swem. Dit sal keer dat die swembadwater jou hare binnedring, groen maak en of beskadig. Hierdie is iets wat jy gerus voor elke swem kan doen, want dit beskerm jou hare.  Spoel ook dadelik jou hare af as jy klaar geswem het.

Lees ook: Maak jy hierdie 13 haarwasfoute?

 

Oplossing

As jy wel sien jou hare is groen, was dit dadelik en wend tamatiesous aan (en ja, ons het dit getoets en dit werk), net soos wat jy ’n aanblymasker sal aanwend. Draai jou hare met kleefplastiek toe, en sit in die son vir so ’n halfuur voordat jy dit afspoel. Die rooi kleur van die tamatiesous help om die groen te neutraliseer en die suur wat in tamaties en asyn voorkom, help om die chemiese reaksie wat plaasgevind het te neutraliseer. Slim, nè!

Lees ook: Maak jou eie haarmasker

 

Die probleem: Streperige selfverbruining

Voorkoming: Gereelde afskilfering en goeie aanwending

Oplossing: Stort, suurlemoensap en suiker

 

 

Jou probleem

Jy kyk af en sien jou enkels of knieë is ’n oranjerige bruin … Wat nou?

 

Voorkoming

Moenie tot die aand voor jy selfverbruiningsroom wil aanwend wag voordat jy jou lyf afskilfer nie. Begin minstens ’n week voor die tyd en doen dit elke tweede aand en bevogtig jou lyf daagliks. Hoe minder dooie velle vasklou, hoe groter is jou kanse op sukses.

Lees ook: 9 slim selfverbruiningswenke

Tydens aanwending is dit die moeite werd om jou tyd te neem en te smeer tot jou arms half-lam is. As jy jou rug wil smeer, het jy beslis hulp nodig.

#rrWenk: Ons verkies geleidelike selfverbruiningskleur, sodoende is foute minder sigbaar.

Lees ook: Ons beste wenke vir selfverbruining

 

Oplossing: Klim in die stort en gebruik ’n mengsel van suurlemoensap en suiker om die ou kleur weg te skrop.

As jy die streperige kleur eers op die strand raak sien, sit vir vir ’n hele rukkie in die vlak water en gebruik sand om die kleur ligter te maak. Dit neem dit nie heeltemal weg nie, maar laat dit minder opvallend lyk.

Lees ook: Bevogtig jou somervel

 

Die probleem: Sonbrand

Voorkoming: Sonskerm, en bly uit die son

Oplossing: Geen kits-oplossings

 

istock/Orbon Alija

 

Jou probleem: Sonbrand

“As jou vel verbrand is, het mens soveel skade aan die vel aangerig dat jou vel nie kan oorleef nie en doodgaan. Dit veroorsaak baie inflammasie in jou vel wat oorspoel na jou liggaam; dis dié dat jy ook sommer siek voel,” maan dr. Suretha Kannenberg, konsultant dermatoloog by die Universiteit van Stellenbosch/Tygerberg Akademiese Hospitaal. “Jou risiko vir velkanker na so ’n sonbrand is ook heelwat groter.”

Lees ook: Gesondheidswense vir partytjies en die feestyd

 

Voorkoming

Smeer ’n breë-spektrum sonskerm van SPF50 aan ’n halfuur voordat jy in die son gaan, dra ’n breërand-hoed, beskermende klere en vermy sonblootstelling tussen 10:00 en 16:00. Wend gereeld sonskerm aan, veral nadat jy geswem het of gesweet het.

Lees ook: Sonslim met sonskerm

 

Oplossing

Kom dadelik uit die son en neem ’n kort koue/louwarm stort en druk jouself liggies droog met ’n handdoek.

“Smeer ’n goeie vogroom (dermatologies getoets) sonder enige parfuum en kleurstowwe aan. Die belangrikste is om gehidreer te bly en jou vel so koel as moontlik te hou. Drink ’n anti-inflammtoriese pilletjie,” is dr. Suretha se raad.

Bly liefs vir ’n paar dae binneshuis in ’n koel, donkerige vertrek en lees ’n boek of kyk TV eerder as om nog tyd in die buitelug en son deur te bring.

 

Die artikel, Vakansieskoonheid SOS het eerste in Rooi Rose verskyn.

Related Articles

Back to top button