Lifestyle

4 dinge wat fout kan wees as jou oë jeuk

Voel dit asof jy skaars jou oë kan oophou en dat jy nie ophou aan dit kan vryf nie? Optometriste verduidelik wat fout kan wees.

Jeuk jou oë?

Die SA Optometriese Assosiasie sê jy het dalk die volgende probleme as jou oë jeuk:

Konjunktivitis of pienkoog.

Jou oë traan, is rooi en dit voel asof daar sand in is. Help jouself met ’n antihistamien-oogdruppel en ’n antibiotiese salf maar gaan dokter toe as dit nie binne drie dae opklaar nie. Was jou hande baie, want dit kan hoogs aansteeklik wees.

Blefaritis

Jou ooglede ontsteek weens verstopte traankliere of ’n infeksie. Spreek jou dokter as dit kort-kort gebeur.

Keratitis

Jou oë is besonder seer, sensitief vir lig en tranerig weens infeksie van die gekleurde deel van jou oog. Dit kan mettertyd wit raak en jou sig permanent aantas. Gaan dadelik dokter toe. Kontaklensdraers het ’n groter risiko.

’n Karkatjie

Jy het ’n rooi “puisie” op die rand van jou ooglid, aan die binne- of buitekant. Dit word deur ’n bakterie veroorsaak, wat jou ooglid-kliere verstop. Dit is pynlik en onooglik, maar nie gevaarlik nie en genees binne drie dae. Gebruik ’n antibakteriële oogroom en traanplaasvervanger.

Loer hier vir nog goeie wenke

Die artikel, 4 dinge wat fout kan wees as jou oë jeuk het eerste in Rooi Rose verskyn.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button