Lifestyle

12 wenke vir ’n tuis mani of pedi

Voel jy dis tyd vir selfsorg en om jouself by die huis te bederf? Volg die maklike wenke vir pragtige naels.

 

1

Maak eerstens jou naels skoon om enige naellak of oortollige olie te verwyder. Druk ’n katoenballetjie in naellak-verwyderaar en maak jou naels mooi skoon.

2

Druk jou naelvliesies saggies terug. Wenk: jou naelvliesies sal sagter wees na ’n warm bad of stort.

 

3

Knip jou toonnaels nadat jy gebad of gestort het, die hitte sal jou naels sagter maak en jy sal dit makliker kan knip.

 

4

Gebruik ’n naelvyltjie om jou naels korter te vyl en vorm aan jou naels te gee.

 

5

Gebruik ’n naelvliesknipper om van enige naelvliesies onstlae te raak – moet liefs nie aan jou naelvliesies byt of probeer afkseur nie – dit kan moontlik verder in jou sagte naelbed inskeur.

 

6

Verwyder enige dooie velletjies op jou hande of voete met ’n afskilferaar. Gebruik dit ook sommer om jou enkels en aan die bokant van jou hakke.

 

7

Gebruik hierdie handige outjies om spasie tussen jou tone te maak sodat jy nie sukkel om naellak aan te wend nie. Dit sal ook verhoed dat die kleur maklik afsmeer.

8

Wend altyd ’n voorbereidingslagie aan die nael voordat jy gekleurde naellak aanwend. Hierdie basis-lagie maak die oppervlak van jou naels glad en makliker om die naelkleur aan te wend. Dit laat die kleur ook langer hou en keer dat die kleur jou naels vlek.

 

9

Verf jou eerste lagie naellak in die middel van die nael, verf dan beide kante van jou nael vir ’n netjiese manikuur. Hierdie tegniek sal versker dat jy minder mors en dat jou donker mani minder streperig lyk. Verf ook die bopunt van jou nael. Hierdie tegniek sal voorkom dat die kleur nie te vinnig kraak nie.

 

10

Gebruik ’n oorstokkie of selfs ’n dun lipstiffie-kwassie saam met naellakverwyderaar en rond jou mani netjies af.

 

11

’n Bo-lagie keer dat jou naelverf vinnig afdop en laat jou naelverf langer hou. Wenk: verf elke derde dag ’n bo-lagie oor jou mani – dit sal verseker dat jou mani self nog langer hou.

 

12

Wend gereeld handeroom aan, veral nadat jy jou hande gewas het – ’n handeroom met ’n SPF beskerm ook jou hande teen sonskade en die gevolglike velveroudering. Gebruik ook ’n naelvliesolie – die olie hidreer en voed jou naelvliesies, dit herstel droë en gekraakte velletjies, dit beskerm jou delikate naelvliesies gedurende koue wintermaande, die olie wat die vel rondom jou nael hidreer, laat jou naels boonop gesond lyk.

 

 

Lees ook: Nuwe gaatjies vir oorringe? Pasop vir hierdie foute!

Die artikel 12 wenke vir ’n tuis mani of pedi het eerste in Rooi Rose verskyn.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button