Theuns Jordaan huldigingskonsert ‘n historiese geleentheid wat sy lewe en musiek gevier het

Pretoria was vir Theuns Jordaan ’n vreemde stad – ten minste aan die begin. Later het hy een met die stad geword, al was hy nie ’n boorling nie.

Pretoria was vir Theuns Jordaan ’n vreemde stad – ten minste aan die begin. Later het hy een met die stad geword, al was hy nie ’n boorling nie.

Maar die man wie se stem uniek was en wie se musiek van vroeg af ’n traan ontlok het, soos sy treffer “Soos Bloed”, se stem het oplaas stil geword in November 2021 toe hy die stryd teen kanker verloor het. Hy was 50 jaar oud en is ’n jaar tevore met leukemie gediagnoseer.

Maar die afgelope naweek het Pretorianers en selfs Gautengers saamgekom om hulde aan hom te bring. Loftus Versfeld was volgepak met ondersteuners wat weer na Theuns se musiek wou luister, wat deur vriende en kollegas in die musiekbedryf opgevoer is.

Jordaan was ’n gevestigde Afrikaanse sanger en liedjieskrywer wie se loopbaan meer as twee dekades aan duisende Suid Afrikaners genot verskaf het. Een van sy ondersteuners skryf op Facebook: “my held – vir ewig”.

Juanita du Plessis. Foto: Quintessential Photo and Video Worx

Die woorde van die lied “Vreemde Stad”, wat hy geskryf het toe hy hierheen getrek het, is verewig op ’n gedenkplaat wat in die FAK Liedjietuin by die Voortrekkermonument onthul is. Hy is ook reeds in die Suid-Afrikaanse Heldesaal opgeneem.

Groot name in die Afrikaans musiekbedryf soos Bobby van Jaarsveld, Ricus Nel, Jay du Plessis, Bok van Blerk, Steve Hofmeyer en Juanita du Plessis het saamgespan om sy huldingingskonsert ’n dawerende sukses te maak. Meeste van hulle was goed bevriend met Jordaan en het self menige kere die verhoog met hom gedeel. Hulle wou Theuns se musiek laat herleef.

Bobby van Jaarsveld. Foto: Quintessential Phot and Video Worx

Dis nie duidelik waar die trane die meeste gevloei het nie – op die verhoog of onder die toeskouers. Maar mens kan dink dat daar nie droë oë tydens hierdie geleentheid was nie. Sommige van die sangers, soos Dozi, het met moeite gesing soos sy emosies hom geknaag het. Maar almal was dit eens: hierdie gepaste huldeblyk beteken dat Theuns Jordaan se nalatenskap nie vergeet sal word nie.

Die grootskaalse produksie was deur gesoute vervaardiger Barry Pretorius in samewerking met Theuns se jarelange vriend, Jacques du Plessis, ’n werklikheid gemaak.

Theuns Jordaan huldigingskonsert ‘n historiese geleentheid was sy lewe en musiek gevier het. Foto: Quintessential Photo and Video Worx

LEES MEER: Minder as twee maande oor tot Theuns Jordaan huldeblykkonsert

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Related Articles

Back to top button