Wenners spog met beste voorerf in die Moot geweste

“Ek hou van die buitelug, en het van kleins af daarvan gehou om tuin te maak. Amos, ons tuinier, is altyd gewillig om te help, ons is albei lief vir die natuur.”

Vandeesmaand se sypaadjie-wenners in die Caprra (Capital Park Residents and Ratepayers Association) en Real One Real Estate is aangewys in Capital Park, Pretoria.

Gary Meal van Malherbestraat en Shoes Kola van 1e Laan spog inderdaad met die mooiste sypaadjies.

Meal, wat aangewys is in die eerste plek, sê hy is baie bly dat hy as wenner gekies is, hy is baie opgewonde daaroor.

“Ek hou van die buitelug, en het van kleins af daarvan gehou om tuin te maak. Amos, ons tuinier, is altyd gewillig om te help, ons is albei lief vir die natuur.

“Ek het maar altyd daarvan gehou om gras te sny, en my omgewing te verfraai. ’n Tuin moet mooi en skoon en netjies wees.”

Wenner, Shoes Kola. Foto: verskaf.

Volgens Meal word ’n netjiese, mooi eiendom en tuin, natuurlik, afgerond deur die keuse van ’n muur of heining, en helaas, ’n sypaadjie. Dis daarom hy deelgeneem het.

“Dis belangrik om in ’n aanvaarbare en estetiese omgewing te woon en te leef. Dit doen ’n mens se siel goed. Dis ook mooi vir die verbygangers, heelwat mense stap nog soggens of smiddae.

“Dis dan ook altyd lekker om bietjie erkenning te kry vir ’n mens se harde werk en goeie idees. Dit is ’n goeie inisiatief wat heelhartig ondersteuning onder al die inwoners moet geniet.”

Kola, in die tweede plek, kon ongelukkig nie bereik word ten tyde van ter perse gaan nie.

Caprra-voorsitter Mike Burt sê dat hy inwoners van Capital Park wil aanmoedig om hul sypaadjies te onderhou.

Gary Meal ontvang die trofee van Donne-li Johnson. Foto: verskaf.

“Inwoners sal nie net trots wees op hul omgewing nie, maar dit sal ook ’n wonderlike verbetering vir die gebied wees.

“’n Groot rede waarom ons besluit het om ’n wisseltrofee nou elke tweede week te oorhandig, is omdat die belangstelling al hoe groter geraak het.

“Al hoe meer inwoners wil betrokke raak en hoop om binnekort die trofee voor hulle erf te hê,” sê Burt.

Donne-li Johnson van Real One Estate ry gedurig in die omgewing rond op soek na die volgende wenner.

“Ek ry deur die woonbuurt en kyk watter eiendomme se sypaadjie uitstaan.

“Dit is so lekker om daardie opgewondenheid in iemand se stem te hoor as ek hulle inlig oor die wenner wat aangewys gaan word,” sê sy.

Inwoners van Capital Park wat graag wil sien hoe dit gedoen moet word, kan ’n draai by Malherbestraat 263 gaan maak, sê sy.

Die eerste wenner van dié gesogte kompetisie is reeds op 1 Mei 2018 aangekondig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button