Afrikaanse akteur sterk aan na virus

Terwyl bekende Afrikaanse akteur Lieb Bester aansterk tuis na hy Covid-19 opgedoen het, toets nog ’n bekende Pretoria musikant positief vir die virus.

Bekende Afrikaanse akteur en musikant Lieb Bester (72) sterk aan na hy Covid-19 sowat ’n maand gelede opgedoen het.

Op die Facebook-blad: Alles wat mal is, is dit bekend gemaak dat Bester in Junie in die hospitaal opgeneem is.

“Lieb is ontslaan en sterk by huis aan, maar sy familie sê Lieb sukkel nog met suurstof vlakke. Dit gaan beter met Lieb,” lui die boodskap wat op sosiale media gedeel is.

Die musikant Lieb Bester. Foto: Facebook

Bester se broer André en sy vrou Annatjie het ook beide positief getoets vir die virus.

Die familie kon nie dadelik bereik word vir kommentaar nie.

Bester is veral bekend vir sy rol as Fritz Retief in kykNET se sepie, Villa Rosa. Hy is ook bekend vir sy rol as senior superintendent George Lindeque in die TV-riller, Arsenaal, wat oorspronklik op SAUK2 uitgesaai is.

Ruhan du Toit en sy vrou Marinda het beide positief getoets vir Covid-19. Foto: Facebook

Nog ’n bekende van Pretoria, voormalige lid van Touch of Class en SA sanger, Ruhan du Toit het ook positief getoets vir Covid-19.

Du Toit het dié nuus onlangs op sosiale media gedeel. Hy en sy vrou Marinda sterk beide aan na die virus.

*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Related Articles

Back to top button