KOMPETISIE: Wen kaartjies na die regstreekse ‘Afrikaans Gaan Global’ aanlyn konsert

Saterdag 5 September beloof om jonk en oud te vermaak met 'n konsert van Afrikaanse musiek se top name. Rekord het 12 dubbelkaartjies om weg te gee na die 'Afrikaans Gaan Global' vertoning.

‘n Aanlyn konsert, Afrikaans Gaan Global, sal op Saterdag, 5 September, grense oorskry om verligting te skep onder die donker Covid-19-wolk.

Hierdie vertoning is uniek in sy soort met 12 ure se ononderbroke topgehalte vermaak met 26 van die land se grootste kunstenaars soos Kurt Darren, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Karlien van Jaarsveld, Elandré, Jay, Refentse, Robbie Wessels, Ricus Nel, Dirk van der Westhuizen, Brendan Peyper, Christia Visser, Appel en vele meer.Hierdie monumentale konsert sal deur aanlyn gehore regoor die wêreld geniet kan word en aanhangers in Australië, Nieu-Seeland, Europa, Engeland, Kanada, VSA en natuurlik almal van regoor Suid Afrika en Namibië gaan inskakel om in dié aanlyn mega-fees te deel.

“Elke kunstenaar kry so 30-minute tydgleuf om in op te tree, maar daar is sommige van die kunstenaars wat meer as eenmaal sal optree. Pieter Koen en Vanes-Mari du Toit gaan die program aanbied,” het Darren opgewonde aan Rekord vertel.

“Al die kunstenaars kom bymekaar by ‘n geheime lokaal, ons sal almal op een verhoog optree en sodoende mense regoor die wêreld vermaak met ons mense se gunstelingtreffers,” sê hy.

“Daar is soveel byeenkomste wat voor die inperking gekanselleer is en daar is min mense wat nié deur dié pandemie geraak word nie. Hierdie is ‘n wonderlike inisiatief en ons as Suid-Afrikaanse kunstenaars kan nie wag om weer terug op die groot verhoog te klim nie, ons weet ons lojale ondersteuners is uitgehonger vir musiek, braai en samesyn,” sê Darren verder.

“Vir die eerste keer ooit bied ons aan almal daar buite die kans om ekstra gelde te verdien,” sê Albertus Potgieter, eienaar en besturende direkteur van iTickets.

“Daarom het ons die #MYfonds konsep begin. Met die #MYfonds registreer jy op die iTickets-webblad en ontvang ‘n persoonlike skakel. Sodra jou persoonlike skakel deur een van jou Facebook-, Instagram-, Twitter- of WhatsApp- vriende gebruik word om ‘n kaartjie te koop vir die Afrikaans Gaan Global-konsert, verdien jy R20 per kaartjie in jou eie #MYfonds-beursie. Jou kans om jou #MYfonds-beursie vol te maak is eindeloos.”

“Ons as kunstenaars verstaan hoekom die inperking plaasgevind het, ons verstaan dit was broodnodig, maar vir rofweg ses maande het meeste geen inkomste verdien nie. My hoop vir ons industrie is om vinnig te herstel, en om op ‘n veilige manier terug te keer na hoe ons dinge nog altyd doen. Geen kunstenaar kan oorleef sonder die ondersteuning van ons luisteraars nie. Hierdie is ons nuwe normaal, en ons sien uit om mense op hierdie manier, rondom die braai te vermaak.”

Darren het Rekord verder vertel van die ‘wonderlike geleentheid’ wat Suid-Afrikaners sal hê om deel te neem aan die ‘raffle’.

“‘n Groot aantrekkingskrag is die Afrikaans Gaan Global ‘raffle’ kaartjies. Daar is massiewe pryse op die spel!”

Dié pryse sluit in:

– Die Afrikaans Gaan Global Superbakkie: ‘n Mazda BT50 dubbelkajuit 2015-model.

– MSC en Super Events borg ‘n luukse vaart op die MSC Simfonia. Daar is ses vaarte om van te kies tussen Januarie en April 2021. Hierdie is ‘n BBP-pakket ter waarde van R25 000.

– Drie Weber Spirit gasbraaiers en vier Weber Premium houtskool braaiers mét bybehore is ook op die spel. Totale waarde is ongeveer R60 000.

– Braai geskenkpakke van Weber, Rooibaard-sous en BitFarming.

“Jy hoef nie noodwendig ?n konsertkaartjie te koop om ‘n raffle-kaartjie te koop nie. Bespreek jou Afrikaans Gaan Global raffle-kaartjies op iTickets vir slegs R100. Hoe meer kaartjies, hoe groter is jou kanse om te wen.”

Kaartjies vir Afrikaans Gaan Global kos R120 en beloof om heerlike vermaak te verskaf. Nou beskikbaar op www.itickets.co.za

KOMPETISIE:

Rekord het 12 dubbelkaartjies om weg te gee na die Afrikaans Gaan Global konsert. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die onderste vorm in en gebruik ‘AFRIKAANS GAAN GLOBAL’ as die sleutelwoorde. 

Related Articles

Back to top button