Waverley-mark binnekort weer hier

Moenie die Waverley-mark misloop nie.

Moot-inwoners kan uitsien na ’n opwindende dag van lekker lag, eet en gesels by die vierde Waverley-mark wat op 5 Maart plaasvind.

Die koop-en-kuier ervaring bied verskeie kos- en leefstylitems.

Piekniekkomberse en mandjies sal beskikbaar wees om van die smaaklike disse onder die koeltebome te geniet.

Die mark sal van 08:30 tot 13:30 oop wees en toegang is gratis. Die mark vind plaas by Waverley se mark in die park op die hoek van Moultonlaan en Bloedrivierstraat.

Kontak Lydia van der Kooy by e-pos [email protected] of skakel 084-222-8893.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na [email protected] vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button