Beroemde kunstenaars beloof pret en plesier

Een van die Moot se grootste makieties beloof om vet pret te wees.

Tyd is besig om vinnig uit te loop vir die wat kaartjies vir een van die grootste geldinsamelingsprojekte in die Moot wil koop.

Die Hart van Jakaranda-musiekfees beloof om ’n top gehalte vertoning te wees.

Bekende kunstenaars soos Juanite du Plessis, Theuns Jordaan, Kurt Darren, Pieter Koen, Adam, Ricus Nel, MWAH, Liza Bronner, Hennie Jacobs en Wickus Bothma gaan op 11 April by die Heartfelt Arena in Voortrekkerhoogte om 18:30 bymekaar kom ten bate van die Jakaranda- en Louis Botha-kinderhuise.

Daar sal ook ’n asemrowende laservertoning deur Laser X aangebied word.

Alle opbrengste wat tydens dié vertoning ingesamel word gaan direk aan die kinderhuise om hul welstand en ontwikkeling te bevorder.

Christo Louw, projekbestuurder, sê die geldinsamelingsprojek is die grootste in albei die kinderhuise se geskiedenis. Hulle verwag duisende mense om die vertoning te kom sien.

Volgens Louw gaan verskeie kinderhuisprojekte soos die Fietsryontwikkelingsprojek, hengel, boogskiet, luggeweerskiet, Dive for Life, Defend with Integrity en vele meer by dié geldinsameling baat.

Kaartjies is by www.pnptickets.co.za beskikbaar of besoek www.hartvanjakaranda.co.za vir inligting.

Related Articles

Back to top button