KOMPETISIE: Wen ‘n opwindende Leer my lees-reeks: vlak 4 boekversameling vir die jongspan

Bederf jou kleintjies sommer vroeg in die jaar met 'n reeks nuwe leesstof.

Die Tippie-reeks is een van LAPA se grootste verkopers. Die uitgewers is baie trots om die vierde vlak beskikbaar te stel.

Elke boek in elke reeks bevat ’n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners en helder, kindervriendelike illustrasies.

Daar is ook ’n woordeskatlys; ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord; begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk.

Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.

Die reeks is uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

Oor die skrywers

Met jare se ervaring in buitengewone onderwys waar kinders met lees- en spelprobleme sukkel om te leer, wil Jose en Reinette Palmer met die Leer my lees-reeks ’n liefde vir lees by kinders kweek.

Hierdie leesreeks met sy prettige illustrasies is saamgestel sodat dit nie net pret sal wees om te lees nie, maar ook woordeskat en leesbegrip bevorder.

Oor die illustreerder

Zinelda McDonald woon in Pretoria.

Sy het ’n honneursgraad in grafiese ontwerp aan die Universiteit van Noordwes se Potchefstroomkampus verwerf.

Haar illustrasies is reeds met twee ATKV-Woordveertjies bekroon en in 2017 is sy saam met Jaco Jacobs as wenner van die Exclusive Books/IBBY SA-toekenning aangewys vir Moenie hierdie boek eet nie!

Die Leer my lees-reeks: vlak 4 sluit in:

– Tippie se nuwe maat

– Tippie by die dieretuin

– Tippie gaan leeupark toe

– Tippie gaan lughawe toe

– Tippie maak pizza

– Tippie se sywurms

– Tippie soek insekte

– Tippie vang vis

– Tippie verjaar

– Tippie gaan ysskaats

KOMPETISIE:

Staan ’n kans om een Leer my lees-reeks: vlak 4 te wen. Om vir die kompetisie in te skryf, vul die onderstaande vorm in en gebruik ‘LEER MY LEES’ as die sleutelwoord.

Related Articles

Back to top button