Wil jy die BOKJOL bywoon?

Staan ‘n kans om goeie kaartjies te wen.

Fees-gangers  sal hierdie Erfenis-dag jol soos nooit tevore nie.

Die jol vind plaas by die Magalies Retreat vanaf 23 – 25 September. Met jou kamp-toerusting gepak, genoeg hout vir jou braai-vuur en sonskerm in jou sak – is jy gereed vir die grootste erfenis musiek-fees in die noorde van Suid Afrika.

BOKJOL bied aan jou drie dae van musiek deur 30 puik kunstenaars soos:

Jack Parow

Francois Van Coke

Prime Circle

Bok Van Blerk

Springbok Nude Girls

Arno Carstens

Die Heuwels Fantasties

Desmond & The Tutus

Wonderboom

Koos Kombuis

Bittereinder

The Kiffness

Elvis Blue

Kurt Darren

Dis nie al nie.

Die BOKJOL-fees het twee verhoë met die hardste en beste rock, indie en elektroniese musiek. BOKJOL het bier, braai, boerewors, vure, bacuzzi’s en hope akkomodasie hetsy onder die sterre of onder dak.

Staan ‘n kans om vier dubbel kaartjies te wen om die kuns fees by te woon. Om vir die kompetisie in te skryf, vul gerus die inskrywingsvorm hieronder in en gebruik die word ‘BOKJOL’ in die sleutelwoord blokkie. Kompetisie sluit die 20 September 2016.

Related Articles

Back to top button